Villa Rosa, Episode 336
Season 2, Episode 336
Watch Full Episodes of Villa Rosa Season 2
Natasha is in twee geskeur oor die onthullings wat Rebecca maak en weet nie of sy haar pa of haar ouma moet glo nie. 'n Gemaskerde man sluip in Villa Rosa rond...
Natasha vis by Blommie oor die sogenaamde dossier. Rebecca maak desperaat kontak met iemand om te kom help.
Shane en Rebecca probeer elk hul bes om Natasha se vertroue te wen en Blommie beland in die kruisvuur. As Kosie Kotzé saam met die weeluisman opdaag, begin die poppe dans.
Natasha en Blommie kom agter Shane het vir hul altwee gelieg oor die koevert waarna hy so naarstiglik soek. Louise en Esther werk en beplan verder aan hul projek vir Pase.
Rebecca land in die gestig. Ben en Marius ontdek iets baie interessants wanneer hulle die studeerkamer se mat oprol, en hierdie keer is dit meer as net 'n tiekie.
Rebecca land in die gestig. Ben en Marius ontdek iets baie interessants wanneer hulle die studeerkamer se mat oprol, en hierdie keer is dit meer as net 'n tiekie.
Jackie troos vir Louise wat baie ontsteld is oor iets wat Charl haar vertel het. Daar is probleme op die grond oorkant Villa Rosa waar Shane sy ontwikkeling wil doen.
Mevrou Dominee probeer Fritz se spookprobleem oplos, terwyl hy en Marius met nuwe vuur begin soek na die skat. Shane smeer probleme by die ontwikkeling toe.
Ben is baie agterdogtig oor Fritz en Marius se betrokkenheid by die polisieseël en die geluide op die plafon. As Portia kom kuier, is daar 'n groot misverstand.
Wie gaan Villa Rosa se pool-kampioen wees? 'n Onverwagte gas daag by die villa op en dis 'n persoon met wie daar duidelik rekening gehou sal moet word.
Fritz beland in moeilikheid as hy van Natasha se pasteie vat en in 'n nóg groter penarie as hy in Ragel de Witt vasloop. Rikus probeer sy bes om vir Louise en die kinders te manipuleer.
Natasha raak bekommerd dat sy dalk Rebecca se neiging tot geestesversteurdheid kon geërf het en Shane besef hy is besig om sy towerslag met besigheid te verloor.
Shane en Ragel daag by die Villa op en Ben moet sy bes doen om nie onbeskof te wees met sy aartsvyand nie. Portia kry slegte nuus en Marius moet Fritz help met 'n gevaarlike skattejag-poging.
Fritz se skatsoekpoging misluk weereens, met nare gevolge. Rikus wil maar net nie uit die mense van Villa Rosa se lewens verdwyn nie en Ragel kom met 'n skokkende onthulling.
Louise en Ben wonder nog steeds of hulle Cassoulet moet koop. Blommie ontmoet Ragel en sien op daarteen om onder 'n vrou te werk. Natasha kry 'n brief van Rebecca uit die gestig.
Fritz verdwyn spoorloos en almal dink eers hy wil hulle net die skrik op die lyf jaag, maar wanneer hulle hom nêrens kan opspoor nie, begin hulle bekommerd raak.
Portia se drome oor die restaurant begin wankel. Fritz vat Ragel aan oor die koste van die dolomiet-toetse en as sy later beseer terugkom vanaf die ontwikkeling, begin die stories loop...
Fritz is op die oorlogspad en doen alles in sy vermoë om te bewys Ragel is 'n bedrieër.
Almal is besorg oor Ragel se welstand... almal behalwe Fritz natuurlik. Hy's steeds agterdogtig oor haar en probeer Ben oortuig om meer oor haar agtergrond uit te vind.
Charl konfronteer Lindie oor die boodskap wat Wanda via haar vir hom gestuur het en Fritz en Ragel hap weer na mekaar.
Shane sluit 'n ooreenkoms met Lindie en sy laat nie gras onder haar voete groei om daad by die woord te voeg nie. Dan bied Marius haar 'n gratis massering aan en die poppe begin dans.
In Bloemfontein is daar 'n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel.
Shane kom met 'n rare aanbod na die Villa Rosa aandeelhouers. Daar's groot drama met Fritz se ou geweer, Louise is smoorverlief en Lindie plant orals saadjies van onsekerheid.
Kupido is losgelaat in Villa Rosa! Maar nie alles is maanskyn en rose nie: Fritz en Theuns het 'n moeilike saak om uit te stryk en daar wag 'n nare verrassing op Ben en Ragel.
Die polisie voer 'n klopjag op Villa Rosa uit. Sal Lindie toelaat dat Shane se bose plan uitwerk of gaan sy die mense tussen wie sy geleidelik begin tuis voel help?
Die mense van Villa Rosa sukkel om eenstemmigheid te bereik oor Lindie se teenwoordigheid. Moet sy gaan of moet sy bly? Lochner de Kock kuier ook steeds by die gastehuis.
Shane Rix se toekoms hang in die weegskaal: Ragel plaas druk op hom om te verseker dat daar nie 'n skandaal losbars nie en Blommie moet besluit of hy die reguit paadjie gaan loop...
In Bloemfontein is daar 'n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel.
Lindie en Jackie rig 'n uitdaging aan Janna Taljaard, Ragel skop vas oor Ben se betrokkenheid by die ontwikkeling en Marius trek sak en pak uit die kelder uit.
Charl laat 'n bom bars, Rickus soek weer witvoetjie by Jackie, Ragel wonder oor Shane se intensies, en die befaamde Janna Taljaard maak 'n draai by die Villa.
Natasha soek troos by Shane. Marius en Gertruy se koue oorlog duur voort en Louise dring aan op die waarheid van Charl. Dis ook Villa Rosa se langverwagte Pool-Uitdaging.
In Bloemfontein is daar 'n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel.
In Bloemfontein is daar 'n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel.
In Bloemfontein is daar 'n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel.
Ragel speel 'n gevaarlike speletjie met Ben en Shane. Lindie laat Marius in die moeilikheid beland by Ben en die Van Jaarsvelds se nuwe voorman kom op die plaas aan.
Shane ontmoet vir Ruby en is verbaas oor die nuus wat sy bring. Fritz is ontsteld na sy besoek aan Rebecca, en Natasha en Jackie is meegevoer as hulle die sjarmante Hein ontmoet.
Shane tel moeilikhied op by Natasha. Marius en Lindie kuier al hoe lekkerder saam en Louise raak selfbewus oor haar ouderdom.
Blommie besluit dis tyd dat hy sy beeld verander. Ben trap Marius weer uit en Portia word na Jean se restaurant ontbied waar daar 'n groot skok op haar wag.
Almal is in 'n toestand oor Fritz wat ineengestort het. Shane en Ragel probeer elk om Blommie se guns te wen. Esther voel verskriklik sleg dat sy 'n hand in Fritz se trauma gehad het.
Natasha en Shane se verhouding is steeds wankelrig. Hein maak weer sy verskyning op die toneel. Almal is vol hoop dat Fritz vinnig sal herstel, maar dokter Jackson kom met slegte nuus.
Mnr van Blommenstein maak 'n afspraak met Ben vir 'n baie spesiale versoek. Ragel konfronteer Shane oor sy geheime identiteit - kan hy haar verder vertrou? Louise speel Kupido.
'n Trae Marius help Fritz om te beplan hoe hulle Rebecca uit die gestig gaan "bevry". Blommie kom bespreek sy vereistes vir 'n kantoor met Ben. Ragel soek toenadering tot Jackie.
Dinge tussen Ben en Ragel wil maar nie vlot nie. Louise raak bekommerd oor haar kinders se toekoms en Lindie soek raad by Shane. As Charl tuiskom, begin die poppe dans.
Louise moet kies tussen haar seun en die man vir wie sy lief is. Shane se planne om Jean se restaurant te koop, loop skeef. Ragel en Ben is ongemaklik in mekaar se geselskap.
Jackie is baie agterdogtig oor die geheimsinnige Riaan met wie Ragel so dikwels praat. Fritz gaan voort met sy planne om Rebecca te red. Marius bring skokkende nuus.
Ragel se geheimsinnige nefie sorg vir agterdog in die Villa. Louise sien nou 'n ander bedreiging vir haar en Charl se liefde - Natasha!
Fritz vra Natasha se hulp om Rebecca te bevry, Ben is jaloers en Jackie is vasberade om Hein se voete onder hom uit te slaan wanneer hy weer by die Villa kom draai.
Almal is oorstelp van vreugde met Rebecca se terugkeer. Ragel en Ben probeer planne beraam om Blommie se aandele te koop en daar wag 'n groot verrassing vir Shane.
Ragel en Ben tob oor 'n potensiële aandeelhouer om by Blommie oor te neem. Marius vertel vir Louise hoe hy sy geld verdien. Rebecca en Fritz vinkel-en-koljander soos in die ou dae.
Jackie maak vrede met Charl. Portia en Ragel moedig Ben aan om Cassoulet op die veiling te koop, maar Shane maak intussen seker dat hy die restaurant gaan bekom.
Blommie kry 'n geleentheid om sy rooi Mustang te koop. Jackie se plan om nader aan Hein te beweeg werk. Almal is gefokus op die groot dag op die kalender - die veiling van Cassoulet.
Ben en Fritz gis oor die man wat Cassoulet se prys so opgejaag het, en almal is nuuskierig oor die koper. Shane is op die oorlogspad en Charl bedink 'n slim plan om Louise terug te wen.
Lindie is vasberade om 'n sukses te maak van die restaurant wat sy gekoop het. Natasha dink Hein stel dalk tóg in haar belang, al hét hy vir Jackie plaas toe genooi.
'n Nuwe gas neem haar intrek in die Villa, maar nie almal voel gemaklik met haar teenwoordigheid nie. Lindie soek dringend 'n sjef en daar wag 'n skok vir Jackie...
Lindie wil steeds hê Marius moet by haar intrek. Blommie kom spreek Ben oor 'n netelige saak en Ragel se nefie daag uiteindelik by Villa Rosa op.
Charl ontmoet Monique en die vonke spat. Riaan, Rachel se kleinnefie het sy intrek geneem in Villa Rosa, en Natasha se bene word dadelik lam. Dis die opening van Lindie se restaurant.
Ben, Charl en Natasha sluit onwillig 'n vredesverdrag oor kantoorspasie. Daar daag nuwe gaste op en twee bekendes veroorsaak groot opgewondenheid en konsternasie in die villa.
Pieter Koen en Porchie raak betrokke by die villa se mense se doen en late. Shane vra 'n joernalis om vir Cassoulet publisiteit te gee, maar is duidelik weer met 'n onderduimse plan besig.
Porchie dink steeds Charl is Louise se seun en is baie ontsteld wanneer hy die twee mekaar sien vashou en soen. Pieter Koen probeer 'n onderhoud met Ben doen, maar Fritz steel sy kollig.
Jackie help vir Hein op die plaas en Natasha kry verkeerde indruk van Riaan. Marius dink na oor Lindie se voorstel en Ben het goeie nuus vir Ragel.
Ben bring nuus wat Fritz en Rebecca na hul asems laat snak. Marius neem 'n besluit oor Lindie se voorstel. Natasha sê iets wat Rebecca skok terwyl Louise vir Charl en Monique betrap.
Louise en Charl sit vas. Thomas Thompson is by die Villa en Marius se optrede het die hele Villa in rep en roer. Shane voer al weer iets in die mou.
Lindie kry moeilikheid by Cassoulet. Ragel vertel vir Ben 'n geheim en Ansie word geskok deur Hein se papiere. Portia kry goeie nuus wat Ben skok.
Die dag van Thomas Thompson se fotosessie breek uiteindelik aan en Villa Rosa is behoorlik in rep en roer. JP kom agter daar is met Cassoulet se kaviaar gepeuter.
Ben maak 'n skokkende besluit. Lindie is nou oortuig dat al haar probleme by die restaurant Shane se skuld is. Lindie maak vir Gert 'n aanbod wat hy nie kan weier nie.
Ben is stukkend oor Ragel. Lindie en Gert konkel steeds geheimsinnig en Rebecca gaan krap vir Shane om.
Louise keer terug van haar spa-besoek, min wetend dat Ben nie Kaap toe is nie, en dat Rikus ook weer sy intrek by die Villa geneem het. Lindie wys ook haar gevaarlike kant.
Natasha probeer uitvind hoekom Rebecca haar teen Riaan gewaarsku het. Rikus soek witvoetjie by Marius en Fritz is weer vuur en vlam oor sy skattejag.
Daar is nie einde aan krisisse by Cassoulet nie en Lindie moet kopkrap om 'n plan te maak. Sy verklaar openlik oorlog teen Shane en hulle begin 'n gevaarlike kat-en-muis speletjie speel.
Louise raak baie ontsteld as Rikus inmeng met Jackie en Hein se sake. Lindie en Shane se vete raak al meer intens. Blommie word aangesê om vir Natasha op te pas.
Shane tref Natasha bewusteloos aan by King Pie. Louise besluit dis tyd om finaal van Lindie ontslae te raak.
Shane trap vir Blommie uit oor Natasha se noue ontkoming. Fritz soek naarstigtelik na sy sigarethouer en verdink Rebecca. Marius laat val 'n bom oor sy en Lindie se saamblyery.
Die villa is in rep en roer oor Marius en Lindie se skielike besluit. Rebecca kry met 'n slinkse plan inligting uit Shane, en Riaan kan nie verstaan hoekom Rebecca sy vrae ontwyk nie.
Gert het Lindie se vuilwerk gedoen, maar eis nou sy pond vleis. Intussen wil Shane die persoon wat sy dogter aangeval het, uit die weg ruim.
Riaan besluit om vir Natasha te vertel dat hulle halfbroer en -suster is. Charl vra weer vir Louise om hom te vergewe. Intussen maak Ben sy gevoelens vir haar baie duidelik.
Shane kom meer te wete van Zelda, die skerpskutter en al sy planne begin in plek val. Riaan en Natasha dring daarop aan dat Rebecca hulle die waarheid vertel oor Riaan se herkoms.
Shane en Zelda bespeigel oor wie die Natasha se aanrander kon wees. Riaan raak al hoe meer deurmekaar oor sy verlede, terwyl Fritz probeer vrede maak met Marius.
Zelda gaan na Cassoulet om te sien hoe lyk die persoon van wie sy ontslae moet raak. Riaan wil uitvind wie sy biologiese ouers is. Shane waarsku Marius dat hy met vuur speel.
Natasha is in twee geskeur oor die onthullings wat Rebecca maak en weet nie of sy haar pa of haar ouma moet glo nie. 'n Gemaskerde man sluip in Villa Rosa rond...
Dit lyk of Shane bedenkinge het oor die aanslag op Marius se lewe. Natasha en Riaan raak al hoe meer agterdogtig or Rebecca, en besluit om uit te vind wat sy wegsteek.
By Cassoulet is als in rep en roer na die tragedie, en nooddienste en speuders is doenig met ondersoeke. As die speuders by Villa Rosa opdaag, maak Lindie 'n skokkende onthulling.
Kaptein Swanepoel dring aan dat Lindie hom moet vertel hoekom sy dink Shane sit agter Louise se dood. Marius glo hy het sy ma se dood reeds verwerk terwyl Lindie vir sy en haar lewe vrees.
Almal is hartseer oor Louise se ontydige dood. Speurder Swanepoel ondervra Shane Rix oor sy vele vyande. 'n Onverwagte gas skok almal met sy aankoms.
Almal is verpletter en in rou oor Louise se dood. Dis 'n pragtige begrafnis, maar nie sonder voorval nie, hoofsaaklik weens 'n ongewenste begrafnisganger.
Kaptein Swanepoel maak sake vir Shane moeilik en daag ook vir die eerste keer by Natasha op. Die aand ná die begrafnis daag 'n ongenooide gas by Villa Rosa op.
Soos gewoonlik mors Wanda nie tyd om haarself tuis te maak nie. Shane is ontsteld as hy besef dat Natasha meer vir die speurder vertel het as wat sy moes.
Wanda lei af Ben gaan heelwat erf en begin dadelik by hom witvoetjie soek. Cassoulet maak weer oop. Rikus dring aan om by te wees wanneer Louise se testament gelees word.
Almal is nog in rou na Louise se dood, maar begin nou fokus op die toekoms. Marius en Jackie is Louise se enigste erfgename. Lindie se oë glinster wanneer sy van Marius se erfporsie hoor.
Rebecca gee Speurder Swanepoel 'n leidraad wat Shane laat kleitrap. Dokter Jackson trek by die Villa in. Riaan se planne met die ontwikkeling vat langer as wat hy beplan het.
Shane is desperaat opsoek is na Zelda. Esther is ontsteld oor Anthony se teenwoordigheid en Riaan probeer vir Shane kry om dokumente te teken sonder om te veel aandag daaraan te skenk.
Marius en Lindie sit al hoe meer vas. Wanda maak seker Riaan kan haar nie weerstaan nie. Sy gaan na Shane toe en eis dat hy haar ma in die hande moet kry en Bloemfontein toe bring.
Ruby moet mooipraat om haar bas te red, want Wanda soek net een ding - haar geld. Shane gee vir Blommie 'n brief wat oornag na 'n Arabiese land gekoerier moet word.
Speurder Swanepoel soek stil-stil na leidrade en Wanda slaan met volle oorgawe toe op Riaan, wat alles behalwe onwillig is. Shane kom meer te hore van die Rossouw-konneksie.
Shane konfronteer Riaan oor sy familiebande en dit maak Rebecca geweldig onrustig. Ben loop Ruby tromp-op oor Louise se verloofring.
Wanda is ontsteld omdat die speurder wil weet waar sy ten tyde van Louise se dood was. Almal werk saam aan 'n mondigwordingsverrassing vir Marius. Shane se gas uit 'n Arabiese land daag op.
Marius reageer nie goed op die partytjie wat Lindie vir hom gereël het nie. Dominee doen alles in haar vermoë om vir Fritz te trakteer. Wanda arriveer by Lindie met 'n vreemde versoek.
Speurder Swanepoel ondervra vir Shane. Jackie, Marius en Ben kry slegte nuus. Shane se besigheid met Abdul Azim kry die groen lig uit Arabiese Emirate. Jackie en Hein se verhouding vat vlam.
Shane sluit uiteindelik 'n sake-ooreenkoms met sy Arabiese besoeker en Riaan wonder hoe hy hom sover gaan kry om die stadsraad se aanbod te teken sonder om snuf in die neus te kry.
Kobus Wiese en twee Blou Bulle daag by Villa Rosa op. En as twee bekendes in Vrystaatse rugby-kringe ook hul opwagting maak is die villa in rep en roer. Riaan kry die skok van sy lewe.
Rebecca sit haar voet neer met Shane. Charl en die Toks'e konkel om Fritz 'n streep te trek. Lindie kry 'n lekker verrassing.
Nadat Lindie vir Marius die ja-woord gegee het, kry sy nog 'n groot verrassing. Shane voel onveilig in sy huis maar dan bied 'n sluipmoordenaar wat ons ken, sy dienste vir Shane aan.
Wanda is woedend omdat Shane haar nie ingelig het dat hy sy aandele in Eagle Creek verkoop het nie, en Riaan put groot genot uit haar verleentheid. Is Rebecca nou regtig die kluts kwyt?
Marius skop Lindie by die Villa uit. Rebecca kry vir Ruette om na Bloem te kom om met Riaan te praat oor sy verlede. Marius konfronteer Shane oor Louise se dood en alle hel bars los.
Wanneer Marius en Kaptein Swanepoel saam na Shane se kantoor toe gaan, ontdek hulle iets baie vreemds. Wanda besluit JP kan dalk vir haar 'n tydelike bron van geld wees.
Shane vertel vir Natasha wie agter haar aanranding sit. Speurder Swanepoel fynkam Shane se kantoor. Marius kan nie meer onder dieselfde dak as Lindie woon nie en trek uit.
Shane kruip nog steeds in Blommie se kamer weg terwyl kaptein Swanepoel die aanslag op sy lewe ondersoek. Jackie het groot planne om 'n uithanggeleentheid by die Villa te reël.
Shane vertel vir Blommie hy het berou oor al die verkeerde dinge wat hy al in sy lewe aangevang het en Lindie smeek Marius om haar te vergewe.
Wanda gaan vra Shane om verskoning en bied vir hom 'n brokkie inligting as boetedoening aan. Fritz se bekommernis oor Rebecca neem steeds toe en Esther het ontstellende nuus vir Anthony.
Rebecca se lot is vir Fritz 'n bron van kommer en hy wonder waar sy haar bevind. Almal is al op pad bed toe, as daar 'n onverwagte gas opdaag, wat vir Ben en Charl onkant betrap.
Die Villa is in rep en roer voor die Rosebal. Riaan druk vir Ruette om hom die waarheid te vertel oor sy ouers. Lindie voel steeds soos 'n uitgeworpene. Die sersant los 'n bom.
Kaptein Swanepoel vertel hoe Rebecca te werk gegaan het om Shane te vergiftig.'n Buitelandse besoeker daag op, maar hy kry nie veel aandag nie want die huismense hou partytjie.
Daar wag 'n groot verrassing op Wanda, en Charl en Ben sit hul planne vir eers op ys. Marius maak gereed vir sy egskeiding, terwyl Lindie dit nog probeer red. Dan bring Natasha nuus...
Die villa se mense sukkel om Rebecca se dood te verwerk. Wanda is in 'n toestand as haar Nederlandse wederhelf sy opwagting maak en aandring om haar terug Amsterdam toe te neem.
Shane en Natasha beweeg nader aan mekaar, en Wanda veg tervergeefs teen Hans se planne. Fritz skraap moed bymekaar om Rebecca se brief te lees, en is verstom oor die inligting daarin.
'n Nuwe gas daag by die Villa op en Marius en Charl wedywer dadelik om haar aandag. Fritz besluit om 'n Villa Rosa-roosboom ter herinnering aan Rebecca te plant.
Natasha maak vrede met haar ouma se dood, maar Shane is steeds op Gert se spoor. Lindie probeer Marius oortuig van haar spyt oor die gebeure en haar opregte liefde vir hom.
Ruette stel voor dat sy en Fritz die Rossouws se stamboom opstel en hy is maar te gretig om meer oor haar mense uit te vind. Marius is vasbeslote om met die skeisaak te begin.
Lindie roep 'n vergadering met Villa Rosa se aandeelhouers. Shane beraam 'n plan om meer tyd in Debby se geselskap deur te bring. Esther het 'n krisis waarmee net Anthony haar kan help.
Debby flankeer met al die manne, maar dis Shane wat spesiale aandag kry. Marius gee die skei-ooreenkoms vir Lindie. Riaan vind meer uit oor sy verlede. Jackie en Hein kry 'n verrassing.
Lindie sit met 'n groot dilemma. Shane se fassinasie met Debby ken geen perke nie en hy gaan uit sy pad uit om haar te beïndruk nie. Charl en Natasha se toekoms lyk rooskleurig.
Lindie is plat geslaan omdat sy Cassoulet moet toemaak. Fritz en Ruette bejeën mekaar steeds met agterdog, al speel hulle so lekker saam kaart. Jackie weier om dinge met Hein uit te praat.
Jackie maak 'n besluit oor haar en Hein se verhouding. Ruette speel steeds kat en muis met Fritz oor die leidrade vir die skat. Lindie bly in die bed met 'n geheimsinnige siekte.
Daar gebeur onverklaarbare dinge in die Villa, maar almal skryf dit toe aan Oudokter se rusteloosheid. Lindie konfronteer Marius met skokkende nuus.
Marius is in 'n toestand oor die nuus van Lindie se swangerskap. Vreemde dinge gebeur by die Villa en die teenwoordigheid van 'n ongenooide kuiergas sorg vir groot verbasing.
Fritz en Ruette ontferm hulle oor die verstekeling, maar dié bly geheimsinnig oor waar sy vandaan kom. Is Lindie regtig verwagtend? 'n Verrassende gas maak luid haar opwagting.
Daar is blydskap as Debby weer by die Villa opdaag. Jackie se bemarkingsplan begin in plek val. Ruette verras vir Fritz met 'n baie belangrike leidraad.
Fritz en Ruette sukkel om Oudokter se kriptiese leidraad uit te pluis. Die Villa Rosers vind uiteindelik uit waar Lexi vandaan kom. 'n Bekende Pop Idol daag by die Villa op.
Die Villa neem afskeid van Brandon en Lexi. Fritz wys vir Ruette die gat, maar die leidrade loop dood. Shane beplan 'n verrassing vir Natasha, maar Ben steek 'n stokkie voor sy planne.
Hein daag weer by die Villa op. Lindie laat vir Marius kom, want sy voel nie goed nie. As hy egter vir haar sê Anthony sal haar kom ondersoek, sing sy gou 'n ander deuntjie.
Lindie erken aan Anthony dat sy nie swanger is nie, maar sweer hom die dood voor oë as hy dit vir enigiemand sê. Natasha laat Charl 'n slag van sy eie medisyne proe.
Lindie is in skok as sy hoor dat sy werklik swanger is. Shane sit sy nuwe planne in aksie en kies sy eerste slagoffer. Charl en Natasha se verhouding raak al meer gespanne.
Debby werf haar eerste kliënt vir Shane se spaarskema en Shane hoor van Ben-hulle se planne met JR Konstruksie. Lindie wil hê Marius moet weer by haar kom bly.
Die voornemende sjefs kom aan en die kookkompetisie begin. Shane probeer vrede maak met Debby en vryf Ben verkeerd op. Ben, Riaan en Anthony se afspraak by die bank loop goed af.
Dis 'n gesukkel om van die voorbarige Martin ontslae te raak. Sjef Arnold Hoon berei 'n heerlike dis, maar die onvoorspelbare ry dinge in die wiele. Lindie breek skokkende nuus aan Marius.
Phoebe waarsku dat dit moeilik gaan wees om Cassoulet weer op die been te kry. Ruette besluit dis tyd om meer betrokke by JR Konstruksie te raak.
Marius is woedend as Lindie dreig om 'n absorsie te hê. Intussen moet hy en sjef Phoebe begin om Cassoulet gereed te kry vir die heropening. Shane slaan die Retief-broers se hand in die as.
Blommie span Natasha se hulp in met die voorbereidings vir sy eiland-vakansie en Shane konfronteer vir Charl. Cassoulet se probleme eskaleer en Marius leer taktiese spel by Anthony.
Blommie vertrek Zanzibar toe. Ben en Ragel suiwer die lug tussen hulle en Riaan neem haar om met Natasha te gaan vriende maak. Ansie besluit om vir Hein 'n partytjie op die plaas te reël.
Villa Rosa se jongklomp gaan half-agt plaas toe vir 'n naweek van kapperjolle. Maar uit die staanspoor uit raak Rian en Hein betrokke in 'n kragmeting.
In Bloemfontein is daar 'n gastehuis waar die mure ore het en waar daar daagliks drama, intriges en ook baie komedie afspeel.
Marius en Phoebe is besig om Cassoulet reg te kry vir die opening. Abdul raak besonder vriendelik met Natasha wat tot Charl se ergenis voor sy sjarme swig.
Ruette oortuig die Villa se manne om Jackie hul volle samewerking met die pantomime te gee. Shane wil hê Natasha moet vir hom inligting oor Eagle Creek se ontwikkeling kry.
Spanning loop hoog met die opening van die restaurant. Die bekende koskritikus, Elizabeth Badenhorst, daag op by Cassoulet, maar 'n ongenooide gas maak ook sy opwagting.
Shane en Debby sit lelik vas. Sake tussen Abdul en Ragel kom tot 'n punt en Hein daag by die Villa op om die rol van die prins in Jackie se pantomime te kom opeis.
Ruette is geskok as Fritz haar van Marius en Lindie se dilemma vertel. Natasha se gevoel vir Abdul verdiep en as Charl en Debby in 'n woordewisseling betrokke raak, spat die vonke.
Abdul probeer weereens vir Natasha verduidelik dat hulle nie 'n verhouding kan hê nie, maar sy glo vas hy is lief vir haar en dat Shane hom dwing om van haar af te sien.
Fritz en Ruette is opgewonde as hulle die tweede deel van die kriptiese leidraad in haar hangertjie ontdek. Shane hoor van Charl en Debby se eskapades. Die Villa kry sy Kersfeesgesig.
Ben se aktrise-vriendin daag by die Villa op om met Jackie se pantomime te help en almal behalwe Fritz en Riaan gaan vir oudisies. Charl kry 'n naamlose Kerskaartjie.
Blommie verloor sy hart. Shane jaag Marius se bloeddruk op en sit sy skaakspel voort met Ragel. Hein laat Jackie se hart vinniger klop en maak haar van voor af deurmekaar.
Ansie en Gerhard arriveer by die Villa. Debby probeer Shane se guns wen na haar aandjie saam met Charl. Blommie loop sy rieme styf by Lizz en Phoebe se passie vir Hein kry die oorhand.
Riaan, Ruette en Ragel kom op nuwe leidrade af. Lizz Meiring doen haar bes om die pantomime te laat slaag, maar die Villa Rosers besef nie wat dit vat om so 'n groot projek te laat werk nie.
Dit is Villa Rosa se spesiale Kersepisode. Ons eie pantomime gelei deur die bekende Lizz Meiring. Kom kuier by julle geliefde karakters in nuwe gedaantes. Daar wag 'n paar verrassings...
Fritz besluit hy gaan die Villa se Oujaarspartytjie op eie houtjie reël en Ben is met reg bekommerd oor wat hy in die mou voer. Debby loop haar rieme lelik styf met Shane.
Charl kan skaars sy oë glo as hy vir Rikus voor die deur sien staan, baba op die heup. Fritz soek nie hulp met sy reëlings vir Oujaarsaand nie, en dit maak vir Jackie ekstra agterdogtig.
Ben is bekommerd oor die Villa se reputasie, maar Fritz se geheime gas vir die aand bring nog 'n spesiale gas saam en die Oujaar-opskop beloof om 'n groot sukses te wees.
Dis die dag na die Boere-opskop en Fritz is baie ingenome met homself. Charl se vrese oor die diamantboodskappe neem toe. Die spanning tussen Ragel en Riaan loop hoog!
Die spanning tussen Ragel en Riaan bereik 'n hoogtepunt. Shane en Natasha begrawe die strydbyl. Fritz raak agterdogtig oor die Rossouws se motiewe en het 'n skrikwekkende ervaring.
Fritz probeer Ben en Ruette oortuig dat Rebecca aan hom verskyn het, maar hulle glo nie een aan spoke nie. Phoebe probeer tevergeefs by Natasha oor Jackie se verlede uitvis.
Shane raak senuweeagtig oor Riaan se betrokkenheid by die Boomklub en almal is in afwagting om te hoor wat die uitslag van Lindie se amniosintese toetse is.
Shane trap vir Debby uit oor sy Riaan gewerf het vir die Boomklub... Het hy 'n verskuilde agenda? Charl probeer weereens vir Lindie betrek by sy diamantprobleme.
Slegte nuus oor Lindie se swangerskap dompel almal in 'n put van hartseer. Rikus probeer steeds vir Debby oortuig dat sy die vrou van sy drome is. Iemand het sy mes in vir Charl.
Lindie stem uiteindelik in om haar swangerskap te beëindig en Marius neem haar kliniek toe vir die prosedure. Almal se harte breek vir hulle. Riaan het 'n hewige uitval met Ben.
Natasha konfronteer vir Shane oor die Boomklub. Ruette is ongelukkig as sy hoor wat met JR gaan gebeur en as Marius agterkom Lindie is soek, is die Villa in rep en roer.
Lindie verstom Marius deur in te stem om van hom te skei. Dominee kom hulle besoek en probeer troos waar sy kan, maar Lindie bly emosieloos - tot Blommie opdaag met 'n geskenk vir die baba.
Die Rossouws is besig om almal verkeerd op te vryf en dominee bly besorg oor Marius en Lindie. As Ruette begin navraag doen oor aandele, is Riaan verbaas en Shane kry skokkende nuus.
Fritz vertrou nie Ruette se plan om aandele in die Villa te bekom nie. Charl se vrees loop hoog. Marius oorweeg 'n nuwe besigheid en hy en Lindie maak lekker planne vir die toekoms.
Charl vra desperaat Lindie se hulp om uit te vind wie vir hom dreigemente stuur. Hein trap Debby uit omdat sy sy geheim aan die ander klomp in die Villa verklap het.
Phoebe maak dit duidelik dat sy meer as baie van Ben hou. Charl kry nóg 'n dreigement. Shane vertel vir 'n geskokte Ragel wat regtig die aand in haar hotelkamer gebeur het.
Dis duidelik dat Shane nie met hom gaan laat mors nie. Ragel raak al meer bekommerd oor Ruette se obsessie met Rebecca, en Debby, Phoebe en Ragel begin almal ogies maak vir Ben.
Anthony is ontsteld oor wat in sy spreekkamer gebeur het, en 'n gas daag laat by die Villa op. Ragel stel ondersoek in na die boomklub. Marius kom af op 'n internet prentjie wat hom skok.
Jackie is in 'n toestand oor foto's van haar wat op 'n pornografiese webwerf verskyn. Marius belowe hy sal 'n manier kry om daarvan ontslae te raak. Anthony word gedagvaar vir nalatigheid.
Jackie is bekommerd dat Hein sal uitvind van die foto's op die internet. Anthony, Charl en Riaan besluit om hulle sorge te verdrink. Marius bring slegte nuus.
Dit lyk of Phoebe se ongeluk, Marius en Lindie se wittebrood gaan verongeluk. Theresa Kleynhans besluit om Anthony nie vir nalatigheid te dagvaar nie, maar dan doen hy 'n dom ding...
Daar is groot opgewondenheid as Daniël en Carina Hugo opdaag om die nuwe "Trompie" en "Saartjie" boeke in Bloemfontein bekend te stel. Plus 'n optrede van Anton Goosen is in die pyplyn.
Anton Goosen kuier in die Villa! Ruette maak die Hugo's mal met haar konstante aandagsoekery oor haar hygroman. Shane treiter steeds vir Ragel. Natasha raak heeltemal die kluts kwyt.
Wanda gee steeds voor dat sy nou 'n belangrike ster is. Phoebe en Fritz stamp koppe oor die Valentyns-funksie.
Marius vertel vir Fritz van die nagmerries wat hy kry en Wanda gaan kuier vir Shane met 'n spesiale versoek. Ben vra Debby om saam met hom uit te gaan.
Charl waarsku vir Debby om nie met Ben te mors nie en Natasha is ontsteld as sy hulle saam sien. Ruette is steeds meegevoer deur haar hygroman, en Natasha raak emosioneel oor die verlede.
Jackie het nog steeds nie by die Villa opgedaag nie en Hein is oortuig dat hy haar ook soos sy verloofde destyds gaan verloor. En dan ontmoet ons vir Chris!
Ons vind meer uit oor die nuwe besoeker by Villa Rosa. Wanda is vinnig om ogies te maak vir Chris en Fritz en Ben is bekommerd oor Marius en Jackie se geheimsinnige optrede.
Jackie is druk besig met die reëlings vir die Villa Rosa Valentynspartytjie. Shane stem in om met Riaan besigheid te doen, maar op een voorwaarde...
Jannie Moolman en Annake de Villiers arriveer by Villa Rosa, maar dinge tussen hulle is nie lekker nie. Shane probeer alles in sy vermoë om 'n uitnodiging na die Valentyns-ete los te slaan.
Ben en Debby is baie verlief, tot Wanda se irritasie. Hein en Jackie is ook smoorverlief, maar dan hoor sy iets wat haar hewig ontstel. Wanda en Shane konkel. Wat voer hulle in die mou?
Lindie is terug in die Villa en dadelik weer vol draadwerk. Jackie word ingesleep by Fritz se "Fritz en Vriende"-aand. Rina Hugo is sy eerste gas! Riaan dra stories aan oor Eagle Creek.
Chris kry 'n groot skok, Shane en Wanda tel ou bande op en Fritz verklap waar die "Fritz se Vriende" konsert gehou gaan word. Lindie en Wanda konkel opnuut.
Rina Hugo kom by die Villa aan! Anthony is in die sewende hemel en Fritz kry kans om sy talente voor Rina ten toon te stel. Marius beplan 'n verrassing vir Lindie.
Riaan hardloop na Shane toe met inligting oor Chris se patent. Fritz en Ben vind uiteindelik uit waaroor die Schoeman-kinders so geheimsinnig was.
Shane vergesel Jackie polisiestasie toe en Natasha kom op hulle af in 'n intieme oomblik. Marius begin vis by Charl oor Lindie se verlede. Hein maak sy verskyning by die Villa.....
Almal wonder wie Fritz se nuwe "Vriend" is, maar hy gee niks weg nie. Fritz en Anthony ontdek 'n gedeelde liefde vir Afrikaanse musiek en Shane stel 'n uitdaging aan Ragel...
Chris ontsenu Natasha deur emosionele speletjies met haar te speel. Fritz se volgende kunstenaar daag by die Villa op en die vrouens, kan Dozi se sjarme nie weerstaan nie.
Riaan en Ragel sit lelik vas. Marius is agterdogtig oor Lindie se verlede. Shane roep Chris in en lees vir hom die leviete voor...
Shane dink hy kan sy eks-skoonseun op sy plek sit, maar Chris is te glibberig vir hom. Marius en Lindie het 'n vreeslike uitval en Hein en Jackie kry ook lelik stry.
Die Villa se mense is in 'n toestand as hulle besef Shane is beseer. Debby probeer vir Ben beïndruk, maar daar wag 'n onaangename verrassing op hulle...
Robbie Wessels is vanaand se gas by die "Fritz en Vriende"-konsert maar alles loop nie volgens plan nie... Ruette kry goeie nuus en as Ragel by Shane opdaag, spat die vonke...
Shane kry sy hande op Chris se voorlegging. Anthony is oorstelp van vreugde met die blik op hulle volgende "Fritz en Vriende" gaskunstenaar - Juanita du Plessis! Ragel laat 'n bom bars.
Ragel trek die net al stywer om Shane. Ben en Debby se bootjie vaar op ontstuimige waters terwyl Hein en Jackie meer verlief is as ooit.
Ragel vrees dat sy haar seun nou permanent gaan verloor. Ben probeer haar troos, maar dan kom Debby op hulle af en stel 'n ultimatum aan hom. Daar wag vir Marius 'n onaangename verrassing.
Juanita du Plessis, arriveer, maar dis nie lank nie, of sy bevind haar in vreemde omstandighede. Jackie is vies vir Ben en Ragel maak 'n skokkende aankondiging.
Natasha bly verward en weet nie wie sy wil hê nie - haar eks-man, of Charl wat skynbaar regtig lief vir haar is. Chris en Lindie begin met 'n gevaarlike speletjie.
Marius ontdek die liefdesbriewe wat Stanley Smith vir Trixie geskryf het en konfronteer Lindie. Fritz deel met Jackie 'n deel van sy verlede. 'n Baie vreemde gas kom oornag in die Villa...
Chris wil Lindie se storie hoor en sy is nuuskierig oor sýne, maar wie gaan eerste begin vertel? Nianell is Fritz se volgende sangster en sy daag effens onverwags by die Villa op.
Charl en Jackie slaag uiteindelik daarin om Klaas Faber se kamer oop te kry en is stomgeslaan oor wat hulle ontdek. Maar hulle moet gou speel, want Nianell se verblyf is op die spel...
Klaas Faber se heengaan is nog op almal se lippe. Ruette vis oor Oudokter se geskiedenis. Lindie kry onverwagte nuus en konfronteer vir Shane met haar suspisies.
Marius is rasend van kommer oor Lindie wat spoorloos verdwyn het. Almal in die Villa gis oor wat met haar kon gebeur het. Shane rep natuurlik nie 'n woord oor sy en Lindie se gesprek nie.
Daar is groot opgewondenheid oor Kurt Darren wat in Villa Rosa kom bly. Lindie vertel vir Marius waar sy was. Daar is verwarring tussen Kurt en Ruette.
Kurt Darren kry behoorlik die wind van voor... Lindie is bekommerd oor die uitslae van die DNA toetse en Marius probeer steeds uitvis oor haar verlede. Debby maak 'n gek van haarself.
Jackie skiet haar beplande musiekvideo met Kurt Darren, maar vererg haar vir Debby wat so openlik met hom flirt. Hein vervies hom op sy beurt weer vir Jackie wat vir Kurt ogies maak.
- Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.
- Seasons6
Recommended

Bundle it: Entertainment + Premier League
Get the best of both. Watch hit series, movies, African Originals and more plus stream Premier League matches live on mobile.
ONLY
$8