Villa Rosa, Episode 436
Temporada 3, Episódio 436
Assista aos episódios completos de Villa Rosa Temporada 3
Marius neem vir Jackie in sy vertroue oor sy dilemma, maar as sy haar mond verbypraat, het dit 'n ketting-reaksie tot gevolg. Ruette snuffel rond, en dit maak vir Fritz baie ongemaklik.
Natasha konfronteer Lindie en die situasie ruk handuit. 'n Vreemde boemelaar daag by die Villa op. Ruette wys skielik haar ander kant.
Shane gryp in as Natasha begin wankel onder Lindie se aanslag. Ben gaan uit sy pad om uit te vind of Jeremia Bester nie dalk 'n skelm is nie. Shane besluit hy het genoeg gehad van Lindie.
Lindie is in 'n toestand ná haar konfrontasie met Shane. Ben vertrou Jeremia nog steeds nie, maar Fritz hou vol dat hulle vir hom 'n heenkome moet gee.
Die toer Sodwana toe begin, tot almal se teleurstelling gaan Riaan saam. ¿ Dief, gekamoefleer as ¿ paashaas maak sy verskyning in die Villa en Jeremia vat vir Fritz op ¿ skattejag.
Vreemde dinge vat pos in die Villa. Terwyl Hein saam met die jongklomp van Villa Rosa vakansie hou in Sodwana, daag Ansie skielik by die Villa op, en chaos breek los.
Die jongklomp het 'n wonderlike tyd in Sodwana, maar niemand waardeer Riaan se teenwoordigheid nie. Natasha begin al vreemder optree.
In Sodwana blom die liefde tussen die Villa se twee jong paartjies. Intussen oortuig Anthony Natasha om 'n sielkundige te gaan spreek.
Natasha het 'n totale ineenstorting. Ansie is in 'n toestand oor iets vreesliks wat sy tussen Hein se onderklere gekry het. Ruette se manuskrip is gereed.
Ben en Debby se verhouding neem 'n onverwagse wending en die gewag vir die DNA-toetse beproef Lindie se geduld tot die uiterste. Is sy Shane Rix se dogter?
Shane verwyt Lindie vir wat sy Natasha aangedoen het en sê die feit dat hy haar biologiese pa is, gaan niks aan hulle lewens verander nie. Fritz waarsku weer vir Ben teen Debby.
Ons hoor van Chris se verlede terwyl Lindie uit sy kloue probeer vlug. 'n Middernagtelike besoeker daag by die Villa op.
Debby verloor haar troetelrot en soek sonder sukses na Bennie. Ben se frustrasie neem toe. Natasha word ontslaan en wil by 'n angsbevange Shane weet of Lindie haar halfsuster is.
Natasha is baie ontsteld as Shane uiteindelik met die waarheid vorendag kom. Flip Faber vra na sy broer, Klaas, se bruin tassie, maar daar wag 'n groot verrassing...
Debby voel al meer ontuis in die Villa. Fritz oortuig Marius om weer saam met hom na die Villa se skat te begin soek.
Hein is by Jackie as die Van Jaarsvelds arriveer. Jackie is benoud oor 'n moontlike konfrontasie met Tannie Ansie. Die huismense is omtrent in 'n toestand want Ansie is op 'n missie.
Lindie se pistool is steeds soek en sy en Marius doen alles in hulle vermoë om dit op te spoor, maar Lindie is nie gretig om die saak by die polisie te gaan aanmeld nie.
Lindie vra Shane uit oor sy verhouding met haar ma en hoor dinge wat haar baie ontstel. Chris lok Lindie by sy kamer in met die belofte van inligting...
Lindie en Chris speel 'n gevaarlike speletjie. Natasha wil steeds niks met Shane te doen hê nie, en Debby loop haar rieme styf by Fritz en Ben.
Fritz probeer Ruette oortuig dat hy in die koerant van Kirstein se dood gelees het. Ben kom met skokkende nuus vorendag en Chris en Lindie se gekonkel neem 'n nuwe wending.
Charl en Natasha se aandjie uit loop lelik skeef. Charl probeer Marius waarsku dat Chris met Lindie lol. Lindie is gretig om Chris se storie oor sy betrokkenheid by Shane en Natasha te hoor.
Chris raak benoud as Natasha met mening op hom toeslaan. Lindie heul met Chris om inligting te kry en hy misbruik die situasie tot sy voordeel. 'n Vreemdeling daag op, opsoek na Fritz.
Charl vermoed Natasha is die een wat Lindie se pistool uit haar handsak gevat het. Ruette kom kla weer by Ben - hierdie keer oor die villa se swak sekuriteit.
Natasha betrap vir Chris en Lindie in haar en Marius se kamer. Hoe gaan Lindie haar keer om nie vir Marius te vertel nie? Ruette probeer steeds om inligting oor die skat uit Prof te kry.
Natasha kom by met Lindie se pistool in haar hand en sien 'n bebloede Shane wat voor haar lê. Marius vind uit Natasha het Lindie se pistool gevat en Chris maak spore uit die villa uit.
Shane is op Chris en Lindie se spoor. As die pistool weer sy verskyning maak, moet Lindie mooi trap om die polisie-storie toe te smeer. Het sy haar houvas op Charl verloor?
Shane maak seker hy kry Natasha weer aan sy kant. Debby en Charl se vriendskap groei en Natasha is nou vasberade om haar op Lindie te wreek.
Marius is geskok oor die aantygings wat Natasha gemaak het. Shane vuur sy dogter aan om dinge tromp-op te loop. Tussen hom en Natasha veroorsaak hulle 'n onstuimige rippeling deur die Villa.
Abdul Azim is baie agterdogtig oor sy herontmoeting met Shane, maar Shane sit dadelik sy kaarte op die tafel. Iemand uit Ben se verlede daag by die villa op.
Ragel se aankoms by die villa vang Ben onkant. Ruette en Riaan is ook nie juis oorstelp van vreugde dat sy terug is nie.
Marius is steeds vasberade om uit te vind of Natasha se storie oor Lindie en Chris die waarheid is. Shane roep die hulp van die ryk Arabier, Abdul Azim in, en beplan 'n nuwe strategie.
Ragel speel oop kaarte met Ben, en Bosiu se nuwe tydelike helper maak haar opwagting. Dit laat vir Charl in 'n groot verknorsing.
Villa Rosa se mense is verstom dat Wanda van alle mense die Afrikaanse meisie is oor wie Abdul so in vervoering is. Wanda por Lindie aan om die Shane-situasie ten volle uit te buit.
Hein se keuse om vir Natasha te gaan werk, lok gemengde gevoelens by die villa se mense uit. So ook Anthony se oorweging om Shane Rix se aanbod te aanvaar.
Elzabe Zietsman daag saam met 'n beroemde kollega van haar by Villa Rosa op - Pedro Kruger. Fritz en Anthony wil haar baie graag ontmoet, maar sy het laringitis en moet rus.
Fritz maak 'n groot blaps sover dit Elzabe Zietsman en Pedro Kruger aangaan. Ben kry goeie raad by Jackie, en Lindie probeer alweer vir Marius op 'n dwaalspoor lei.
Vandag is die dag! Die assessor kom om die villa te inspekteer vir 'n moontlike gradering. Almal, veral Jackie vat nie grond nie. Debby doen haar laaste swanesang by Villa Rosa.
As meneer Aggenbag, die assessor, op die chaos in die poolkamer afkom, gaan hy dadelik oor tot aksie. Almal is bekommerd oor die lot van die villa.
Anthony is verlief op die pragtige Angela May en hy haal alles uit om haar te beïndruk. Charl dink natuurlik sy is baie meer sy soort meisie. Ragel vermoed Riaan en Lindie konkel saam.
¿ Moeë Blommie keer terug van sy oorsese segetog om Portia op te spoor. Almal is bly om hom weer te sien, maar Blommie het nie verwag dat soveel dinge in sy afwesigheid verander het nie.
Blommie voel in twee geskeur in sy lojaliteit tussen Lindie en Natasha. Ruette maak haar opwagting, tot Fritz se ontsteltenis en Wanda en Shane maak planne om weer te konkel.
Riaan is opgewonde as Wanda besluit om tog met hom besigheid te doen. Almal is besorg oor Ben wat skielik so diep in die bottel kyk. Villa Rosa se stergradering word bekend gemaak.
Ben se drinkery ruk heeltemal handuit. Shane konkel met Wanda om met Riaan 'n diamanttransaksie te doen. Dominee daag op en bring haar vriende, die Saaymans, om by die Villa te kom oornag.
Dominee en Fritz is in 'n toestand oor die Saaymans se doen en late. Riaan probeer sy diamant aan Wanda smous en Shane smee soos gewoonlik bose planne.
Dominee en haar span skoonmakers kry die villa onder hande. Anthony vra Shane se raad oor die gholflandgoed waar Angela May 'n erf gekoop het. Fritz wil Ruette dadelik by die villa uithê.
Ragel kan nie besluit of dit liefde of bewondering is wat sy vir Shane Rix voel nie. Abdul en Wanda se stormagtige verhouding loop na 'n punt toe.
Die villa is in rep en roer na die diefstal. Die polisie is opsoek na onwettige diamante en almal is onder verdenking.
Daar is 'n hewige konfrontasie tussen Fritz en Ruette as hy haar beskuldig dat sy, sy skatboek gesteel het. Wanda ontken dat sy en Shane verantwoordelik was vir die klopjag op Villa Rosa.
Fritz betrap Ruette soos sy 'n skildery van die muur afhaal maar sy is vinnig om hom op 'n dwaalspoor te lei. Anthony kry sy eerste afspraak met Angela en Charl werf sy eerste toergroep.
Ruette is nog steeds oortuig die skildery wat sy ontdek het, is 'n fortuin werd en Fritz is in sak en as omdat die villa se skat hom ontglip het. Shane maak 'n groot fout.
Ruette maak 'n skokkende aankondiging wat Fritz se wêreld laat intuimel. Ben probeer die orde in die villa handhaaf, maar as hy sy rug draai, spring daar 'n nuwe vuur op.
Fritz is nog steeds in sak en as omdat Ruette weg is met die skat en Lindie is vreesbevange as 'n versluierde vreemdeling by Cassoulet opdaag.
Die persoon wat Lindie in Cassoulet kom verras, is iemand uit haar verlede wat die wêreld vir haar lelik warm kan maak.
Shane probeer vasstel hoekom Lindie Blommie se beskerming soek en Hein en Natasha se vete duur voort. 'n Versluierde figuur dwaal in die villa se gange rond...
Die villa is geskud in sy fondamente oor die nuus wat Angela gebring het. Die moontlikheid dat Fritz-hulle die villa kan verloor, is onaanvaarbaar.
Natasha probeer uitvind hoe Shane regtig oor kleinkinders voel en Wanda gaan doen uiteindelik haar oudisie vir die rol van 'n non.
Lindie lig haar pa in dat sy inligting het wat hom in baie warm water kan land. Fritz is oorstelp van vreugde wanneer hy uitvind dat Ruette se fonds nie veel werd is nie.
Fritz besef hy sal van nuuts af moet begin met sy skattejag, Angela raak al meer agterdogtig oor die stadion en ons ontmoet die nimlike Lizhan Vermaak.
Shane kry Ragel uiteindelik sover om te teken dat Eagle Creek en Soccaduel een groot maatskappy word.
Debby is terug in Ben se lewe en Fritz word in 'n moeilike situasie geplaas met haar in die villa. Die Eagle Creek raaisels word meer onduidelik en Natasha sorg vir die skok van die dag.
Angela raai vir Anthony aan om uit Soccaduel te onttrek en later word sy ingeroep vir 'n noodvergadering van Fifa. Gaan die stadion uiteindelik van die grond af kom?
Die Van Jaarsvelds daag douvoordag by Villa Rosa op en Ansie neem dadelik die kombuis oor. Lindie hoor Natasha wou hê Hein moet die pa van haar kind wees en konfronteer Natasha daaroor.
Konsternasie breek los as nuus die villa bereik dat Shane vir Ragel gevra het om met hom te trou...
Debby probeer steeds haar bes om vir Ben en Inke uitmekaar te hou. En die Villa Rosa-aandeelhouers is dit eens dat hulle nooit aan Shane sal verkoop nie, maar Shane het sy eie agenda.
Fritz besluit om tot aksie oor te gaan en te keer dat Villa Rosa gesloop word.
Natasha gaan voort met haar plan om vir Hein in te katrol. As Ragel hoor dat die stadion van die baan af is, gaan konfronteer sy vir Shane, maar daar kry sy nog 'n groter skok...
Fritz is verheug oor die goeie nuus dat die villa behoue gaan bly. Ragel probeer inligting oor Stanley Smith by Lindie kry en dit skemer deur dat sy meer voel vir Shane as wat sy voorgee.
Ben en Fritz bly haaks oor die verkoop van die villa en die alledaagse bedrywighede by die gastehuis word wreed ontwrig deur 'n onverwagte besoeker.
Fritz vat sy silwer sigarethouer polisie toe. Angela ontvang 'n skrikwekkende "geskenk" en dit lyk of dit nie so maklik vir Jackie gaan wees om van Natasha ontslae te raak nie.
Angela is in 'n ongeluk. Marius is bekommerd oor die villa leegloop en Jackie wil Bosiu uitskop. Blommie kom sleep vlerk by Inke terwyl Fritz angstig is dat Ben by haar moet vlerksleep.
Fritz probeer Inke se eerste dag as lektrise gebruik om haar en Ben nader aan mekaar te bring. Charl probeer uitvis wat van Wanda geword het. Lindie begin troureëlings tref.
Jackie vind inkriminerende bewyse in Hein se wasgoed. As Charl en Inke mekaar weereens in die hare vlieg, spat die vonke, maar nie op die manier wat Charl verwag het nie.
Jackie kom agter Ben is ernstig oor die verkoop van sy aandele in die villa en verkies om eerder 'n loopbaan in argitektuur te volg. Jackie, Marius en Fritz moet groot somme begin maak.
Fritz en die Schoemans maak Ben 'n aanbod vir sy aandele in die villa. Marius begin 'n gastelys vir sy en Lindie se troue opstel en dit lei tot wrywing - veral met die bruid!
Ben en Fritz is geskok om te sien wie uit Charl se kamer kom. Fritz probeer ook om 'n potensiële ontploffing te ontlont. Wanda se toekoms lyk skielik blinker na Hans se afsterwe.
Shane waarsku Lindie dat Anthony se sekretaresse die lewe vir haar kan moeilik maak. Daar kom ses besoekers wat die villa op horings neem en die manne se monde laat oophang.
Fritz is hoogs geïrriteerd met die Ra-Ra meisies en kan steeds nie slaap nie. Charl is vasgevang tussen Wanda se sensuele spinnerakdrade en Inke se onskuldige sjarme.
Ansie daag op en tot Lindie se ontsteltenis is sy slaggereed vir bruilofvoorbereidings.
Wanda behandel Inke met minagting en wil haar om elke hoek en draai seermaak, al probeer Charl keer. Blommie en Shane sien iemand wat hulle ken se foto in die koerant.
Die troureëlings het almal op hol en Lindie en Marius kan oor niks saamstem nie. Ben vertrek Graaff-Reinet toe maar voor hy gaan kondig hy aan dat daar 'n vrou in sy lewe gekom het...
Wanda sê vir Shane die stryd aan. Die verhouding tussen Shane en Natasha raak weer gespanne. Charl en Wanda is op die oog af 'n paartjie, maar dis asof hy net nie van Inke kan afsien nie.
Charl wil sy brood aan albei kante gebotter hou sover dit Wanda en Inke aangaan, maar die dames begin sake vir hom moeilik maak. Om middernag klop 'n ou bekende aan die Villa se deur...
Wanda is woedend oor Ruby en Pompie se teenwoordigheid en wil hulle met alle geweld uitskop, maar Ben keer. Lindie het 'n krisis met haar trourok en Wanda hou haar eerste optrede.
Voor 'n verliefde Ben op sy geheimsinnige naweekreis Graaff-Reinet toe vertrek, gee hy opdrag dat Ruby en haar jongste spruit, Pompie, in die villa moet aanbly, tot almal se ontsteltenis.
Ruby het steeds die huis op horings en probeer by almal geld bedel. Die liefde blom vir Blommie en Pompie en Ruby se hart begin vinniger klop as sy vir Prof Theuns ontmoet.
Anthony begin twyfel of hy die regte besluit geneem het deur sy praktyk te sluit en vir 'n baas te gaan werk. Hein kry 'n voorsmakie van hoe dit voel om voor 'n gehoor op te tree.
Ruby se moederinstink ruk hand uit as sy Pompie se eer probeer beskerm en Blommie se hart is gebreek. Dinge gaan nie goed tussen Charl en Wanda nie, en Jackie maak 'n skokkende ontdekking.
Jackie is in 'n toestand, want sy dink Hein het agteraf 'n verhouding met iemand anders. Fritz glo Inke is net die vrou wat Charl nodig het en moedig haar aan om Wanda die stryd aan te sê.
Dis Anthony se eerste dag by sy nuwe werk. Lindie en Marius sit vas oor troureëlings. Natasha wil hê Blommie moet haar help om die nommer waarna sy soek op Lindie se foon te kry...
Marius het sy hande vol met 'n krisis by die villa en Wanda wonder of Charl nie meer vir Inke voel as wat hy wil erken nie. Shane is al weer besig met 'n skelmstreek.
Sal Blommie vir Lindie vergewe vir wat sy aan Pompie gedoen het nie. Fritz probeer vir oulaas om vir Inke 'n lansie by Charl te breek.
Ben is gespanne oor sy verantwoordelikheid teenoor die Martinelli-seuns, en Roberto se houding is veral problematies. Blommie werp alles in die stryd om Pompie terug te wen.
Lindie is glad nie gelukkig oor die feit dat Marius se vriende vir hom 'n ramparty reël terwyl sy nie 'n kombuistee gaan hê nie. Ben is raadop met die astrante Roberto.
Anthony en Fritz oortuig Ben dat hy hom moet onttrek van die Martinelli-gesin se probleme. Charl reël skelm vir Marius 'n ramparty, terwyl Marius by Fritz gaan huweliksraad vra.
Die voorbereidings vir die troue is in volle swang! Shane los 'n bom. Wanda doen als wat sy kan om seker te maak sy is die mooiste in die land, en Marius se ramparty ruk hande uit!
Wanda het 'n krisis en dan daag Ruby en Pompie boonop ook by Villa Rosa op. Ben smokkel 'n geheime gas by die villa in. Marius het vir Lindie 'n verrassing, maar dan daag Natasha op...
Lindie en Marius se groot dag breek aan, maar gaan die bruidegom by die seremonie opdaag?
Dit gons oor Fritz se eskapades na die troue. Ansie laat sak haar kop in skaamte oor haar gedrag, en Isabel loop 'n bloutjie met Roberto, en Pompie kry die skok van haar lewe.
Ansie daag op met 'n vredeskotteltjie vir haar optrede, maar Fritz is op die oorlogpad. Shane is verlief op Isabel en Blom vind uit sy Vygie het al weer die pad Kaallaagte toe gevat.
Fritz vertel vir Isabel wat hy van haar as ma dink, en Charl sê Ben moet haar nie so maklik vergewe vir wat sy aan hom gedoen het toe hulle jonk was nie.
Wanda maak 'n ontstellende ontdekking oor haar erfporsie. 'n Vreemde jong man dwaal in die Villa rond. Fritz is in die pekel. Shane verneder Ben voor Isabel.
Wanda kry slegte nuus. Dinge tussen Isabel, Ben en Roberto wil maar nie vlot nie. Natasha het 'n uitval met Shane, en as Marius 'n skewe woord vir haar sê, raak sy heeltemal buite beheer!
Ben voel Fritz is onredelik teenoor Isabel, en Lindie dink Marius behoort Shane nog 'n kans te gee. Natasha se haat vir Shane en Lindie is besig om haar vreemde dinge te laat doen...
Fritz probeer uitvis oor Isabel se verlede, terwyl Carlo woedend is dat hy in die villa moet bly ter wille van Roberto. Lindie is weer besig met 'n slinkse plan.
Isabel probeer hard om deel te wees van haar seuns se lewe, en Shane om deel te wees van hare. Wanda probeer als wat sy kan om geld in die hande te kry.
Hein en Jackie se probleme duur voort, Ben en Isabel is van voor af verlief, Wanda laat Shane se bloeddruk styg, en as Roberto hom begin tuismaak, loop dinge lelik skeef.
Shane maak seker Blommie sal vir niemand van sy verbintenis met Desmond vertel nie. Natasha bring vir Lindie 'n present met 'n angel, en Marius besluit hy het nou genoeg gehad.
Die villa is in rep en roer na Natasha se aanval op Shane. Marius moet net keer of Lindie raak handgemeen met Natasha, wat duidelik die kluts kwyt is.
Daar is steeds geen taal of tyding van Natasha nie. Intussen is Lindie die enigste persoon wat by Shane in die kliniek toegelaat word. Anthony en Ben ontdek iets skokkends.
Wanda probeer Lindie afpers vir geld. Anthony breek die nuus aan Shane dat Natasha moontlik selfmoord gepleeg het, en Shane verkwalik vir Lindie. Fritz en Isabel stamp koppe.
Roberto is in groot moeilikheid en smeek Carlo om hom te help. Ben en Isabel besluit om hulleself te bederf met 'n aandjie uit. Lindie probeer om Shane te oortuig van haar onskuld.
Charl probeer uitwerk hoe die stampplek aan sy bakkie oornag reggemaak is, Fritz en Roberto raak vriende en Shane vind uit Wanda het sy kredietkaart gesteel.
Fritz beveel Ben om meer betrokke te raak by Isabel se seuns se lewens. Lindie kry finaal die koue skouer by Shane en dit breek haar hart aan stukke. Sy stel ook vir Marius erg teleur.
Die spanning laai op tussen Lindie en Marius. Die Martinelli's sukkel om hulle huis in orde te kry, daar daag nuwe gaste by die villa op en Charl kry die skok van sy lewe!
Fritz kan nie glo dat hy 'n kleindogter het nie. Blommie wil Natasha probeer opspoor. Desmond meen dis tyd dat plan B wat Anthony betref in werking gestel word.
Charl sukkel om Savannah en Skye se teenwoordigheid te hanteer, terwyl Fritz vinnig 'n sagte plekkie vir sy kleinkind ontwikkel. Ben kry niks uit Isabel oor haar man se dood nie.
Savannah laat Skye vir die dag in Charl se sorg, Hein maak Jackie van voor af die hof, en Blommie probeer Shane oortuig daar is nog 'n kans dat Natasha lewe.
Charl voel onbevoeg as pa, en Shane se depressie bereik 'n laagtepunt. Lindie gaan uit haar pad om vir Marius te behou. Wanda maak haar vinnig uit die voete as sy haar doel bereik het.
Francois vind uit Ivy laat nie met haar mors nie, en Lindie is histeries wanneer sy ontdek haar diamanthangertjie is weg.
Lindie en Marius se verhouding bereik breekpunt, Ivy oorweeg dit om in die villa in te trek, en Blommie kry hond se gedagte as hy weer na Natasha se SMS kyk.
Die feit dat Lindie dieselfde woorde teenoor Blommie gebruik het as wat in Natasha se SMS was, laat Shane glo Lindie het haar selfoon en weet dus waar sy is...
Isabel probeer vir Roberto oortuig van haar onskuld, maar hy glo haar nie. Shane stuur vir Blommie Wolmaransstad toe op Lindie se spoor.
Savannah en Skye is oppad en Fritz neem bitter moeilik afskeid van die kleindogter wat so diep in sy hart gekruip het. Hein kom op Daniël en Jackie in haar kamer af.
Ivy Abrahams trek in die Villa in. Fritz verlang na Skye en besluit hy moet hulle opspoor, maar dis makliker gesê as gedaan. Lindie keer onverwags terug en die onverwagse wag haar in...
Shane probeer letterlik die waarheid uit Lindie uitwurg. Isabel speel nie oop kaarte met haar terapeut nie, en Lindie steek meer weg as net 'n paar letsels.
Blommie belowe Lindie hy sal sorg dat Shane haar nie weer seermaak nie. Marius sien iets wat hom laat begin wonder of Lindie nie dalk tóg weet wat van Natasha geword het nie.
Marius konfronteer vir Shane en iemand kry seer. Terwyl almal pret by die Gariep dam het, kom Isabel agter haar seuns het verdwyn en gaan op die oorlogspad.
Marius probeer wegkruip na sy onderonsie met Shane, en Jackie het haar mes in vir Tina na die gebeure by die dam. Isabel besluit om haar seuns vas te vat.
Chris speel 'n gevaarlike spel. Wat maak Hein as hy Daniël se liefdeshartjie vir Jackie sien, en wat maak Jackie as die dames van die bote weer 'n verskoning kry om by die Villa te draai?
Carlo voel baie sleg oor die vuishou wat hy Ben per ongeluk gegee het, maar Roberto verlustig hom daarin. Lindie is bang dat Marius haar en Chris saam gaan betrap...
Lindie se senuwees bereik breekpunt. Charl besluit om vir Adéle en Tina te trakteer, en Fritz vang vir Roberto uit!
Marius en Lindie sukkel om die passie wat daar eers tussen hulle was aan die lewe te hou. Jackie word al meer ontnugter deur Hein, en Shane kry 'n ontstellende oproep...
Shane en Blommie moet Natasha se lyk gaan uitken. Fritz vermoed dat skelms die villa dophou, en Lindie en Marius begin al meer bymekaar verbyleef.
Jackie raak skoon die kluts kwyt wanneer Jean Jordaan sy opwagting maak. Fritz is bekommerd oor die veiligheid van die villa, en Shane bring 'n onverwagse besoek aan Lindie.
Wanneer daar fout kom met Villa Rosa se kragtoevoer, is Fritz oortuig die boewe wat die plek met wit bottels as 'n maklike teiken gemerk het, is besig om 'n aanslag teen hulle te loods...
Fritz en Roberto ontmasker die inbreker. Hein sit sy romantiese missie voort om Jackie se hart terug te wen, maar sy het net oë vir kaptein Jordaan. Shane kry 'n ontstellende oproep.
Shane konfronteer Lindie, want hy glo sy het hom gebel en gemaak of sy Natasha is. Charl het iets om te vier, en Ivy is vasberade om saam met Anthony by Cassoulet te gaan eet.
Blommie neem sy aanstelling as Villa Rosa se sekuriteitswag baie ernstig op. Ben probeer vrede maak met Isabel, en dinge loop lelik skeef tussen Adéle, Jackie en Tina.
Hein en Jackie se verhouding word tot 'n spits gedryf, en dit lyk of Roberto vir Carlo gaan oortuig om sy vennoot te word in die geldmaakprojek wat hy vir die lang vakansie beplan.
Fritz vervies hom wanneer dit blyk dat Jean Jordaan 'n ogie op die villa het. Ivy kry 'n blink gedagte vir 'n moontlike ekstra inkomste, en die Martinelli-seuns voer iets in die mou.
Lindie probeer haar bes om haarself in te wurm in Shane se lewe. Roberto maak Ivy se tjorretjie reg en 'n ene Jasper de Vries daag onverwags op met 'n groot verrassing.
Niemand weet wie het Chappie na die villa toe laat terugkom nie. Is dit dalk Debby wat vir Ben 'n streep wil trek? Lindie maak seker sy hou Marius gelukkig.
Marius en Adèle leer mekaar beter ken, terwyl Lindie mediese aandag moet kry. Charl onderskep 'n brief van Savannah en jok vir Fritz. Die Martinelli-broers kry hul eksamen-uitslae...
Marius en Lindie se verhouding bereik breekpunt as Chris opdaag. Roberto en Carlo tel probleme op met hulle projek. Shane soek Chris se bloed.
Jackie sukkel om oor Hein te kom. Lindie besluit om vir 'n ruk lank weg te kom van alles af en Blommie sukkel om die nuwe verwikkelinge te verstaan.
Jean Jordaan daag onverwags op, en Isabel waarsku Jackie om nie te gou ná Hein weer verlief te raak nie, Blommie vind uit Lindie was ontrou aan Marius.
Ons ontmoet die geheimsinnige Astrid Wentzel. Almal is ontstig oor haar siekte en probeer hul bes om die lewe vir haar makliker te maak. Dominee daag op met 'n versoek.
Ansie kom ondersteun Hein wat volgens haar 'n gebroke hart het, en die arme Jackie ontgeld dit behoorlik. Tina daag op met 'n verrassing wat vir Fritz allesbehalwe aangenaam is.
Savannah en Skye daag onverwags op, maar dis duidelik dat daar sterk onderstrominge is. Wat uiteindelik reg voor Fritz afspeel, is iets wat hy in sy wildste drome, nie op voorbereid is nie.
Dominee bevestig dat Villa Rosa oor Kersfees een van die kinderhuis se vakansievriende gaan wees. Astrid kuier in Shane se kantoor en ons vind uit wat hulle in die mou voer.
Daar word gewoel en gewerskaf by die villa voor die weeskinders vir hul Kersfees kuiertjie arriveer. Fritz se verlange na Skye laat hom uitlatings maak wat die hele huishouding ontstel.
Lindie is terug in en maak dit duidelik dat sy nie beplan om weer weg te gaan nie. Marius is desperaat en soek raad by Fritz en Ben. Isabel besef Ben het trouplanne.
Die kinders van die Abraham Kriel Maria Kloppers en Emdeni Kinderhuis bring spesiale betekenis aan die Oukersaandvieringe. By Cassoulet verloop dinge egter baie anders.
Almal in die villa het planne oor hoe om Kersdag deur te bring. Shane bederf die Kersatmosfeer vir Ben. Ons ontdek 'n verrassende aspek van Astrid.
Dis die dag na Kersfees, en Dominee en Fritz vat die weeskinders terug Johannesburg toe. Ons sê totsiens vir Chappie en Astrid begin haar flikkers gooi. Wie van die Retiefs loop deur?
Charl en Hein kom terug van die Gariepdam met 'n groot verrassing. Lindie is vies vir Shane, en Ivy gaan met oorgawe aan die bak. Fritz onthul 'n gedeelte van sy Oujaarsaandgeheim.
Dis Oujaarsaand en die villa hou makietie. Twee befaamde trekklavierspelers maak saam met Fritz musiek, en die jongmense rock op maat van die Melktertkommissie se ritmes.
Lindie besef Marius gaan regtig van haar skei. Jackie se jaar begin op 'n vrolike noot wanneer sy 'n e-pos van kaptein Jean Jordaan kry.
Shane besluit om saam met Lindie te heul teen Marius. As Lindie vir Adèle en Marius saam sien, begin 'n nuwe plan broei. Anthony is agterdogtig oor Astrid.
Jackie het net oë vir Kaptein Jean Jordaan, en hy vir haar. Hein probeer Jackie te oortuig dat hy nog lief is vir haar. Lindie se onverwagse terugkeer na die villa maak almal senuagtig.
Jackie is droomverlore na haar aand saam met Jean, maar Hein is jaloers en veroorsaak pandemonium. Marius en Lindie se oorlog duur voort en albei kry nuwe skietgoed gereed.
Tina neem afskeid, tot Fritz se verligting. Dinge wil net-net vlamvat tussen Anthony en Ivy, maar tussen Ben en Isabel is daar 'n deursigtige muur.
Fritz sien vir Astrid sonder haar krukke loop, en vermoed sy het hulle bedrieg oor die siekte waaraan sy ly. Anthony probeer sin maak van die gevoelens wat tussen hom en Ivy ontwikkel.
Adèle waarsku vir Jackie om nie vir Jean af te skrik nie, en Ivy is bekommerd oor 'n vreemde motor voor die hek. Hein stort so te sê in duie oor Jackie, en Roberto kry nog 'n skok.
Almal glo Roberto se fiets is as gevolg van sy agterlosigheid platgery, maar hy hou vol daar is iets onderduims aan die gang. Ivy wil haarself teen moontlik kapings en aanvalle beskerm.
Bruce, die nuwe kêrel in Ivy se lewe veroorsaak groot ontsteltenis by Fritz en Anthony. Maar Bruce ontwyk hulle - nie een kan hom te siene kry nie. Dan loop daar nog 'n paar dinge skeef.
Anthony soek toegang tot Ivy se kamer sodat hy Bruce kan ontmasker. Astrid hoor van die vroeëre dolomiet-insinkings oorkant die villa.
Almal is verbaas as hulle uiteindelik die nimlike Bruce ontmoet. Anthony probeer vrede maak met Ivy. Ben waarsku vir Roberto oor Shane se motiewe.
Ben is moeg om die vure tussen sy pa en Isabel dood te slaan. Anthony raak al hoe jaloerser op Bruce, al is Ivy se nuwe metgesel net 'n opblaaspop.
Die spanning tussen Marius en Lindie word ondraaglik in die villa, as Marius besluit om te gaan ondersoek instel na Cassoulet se welstand.
Daar is onmin tussen Jackie en Adèle. Charl bring 'n geskenk vir Fritz en is verstom as Astrid haar gevoelens vir Ben bekend maak.
Charl waarsku vir Ben dat Astrid 'n geheime agenda het. Jackie is in 'n toestand omdat Fritz die poolkamer wil omskep in 'n Cheetah-hok.
Die villa is in rep en roer as die blou yskassie spoorloos verdwyn. Fritz glo dis die begin van 'n nuwe vlaag misdaad. Marius vra Charl om Lindie so lank moontlik by die villa te hou...
Charl bly agterdogtig oor Astrid, en Isabel is ontsteld oor Shane haar probeer "koop". Ons ontmoet die yskasdief. Ivy besef tot haar vreugde dis skrikkeljaar. Hein kry 'n groot skok.
Isabel dring tot Carlo se ontsteltenis daarop aan om sy Mxit vriendin te ontmoet sodat sy kan seker maak die meisie is wie sy voorgee om te wees. Lindie kry dit hotagter van alle kante.
Dis Roberto se agtiende verjaardag. Hy hoop om kontant as geskenke te kry, maar kry 'n verjaardagpresent wat hy liefs nie sou wou hê nie. Shane is weer besig om 'n komplot te smee.
Roberto kry 'n onwelkome verrassing. Nes dit lyk asof Marius begin knak onder die druk wat Lindie op hom plaas, kry hy 'n tweede asem en baklei terug.
Isabel vra tot Shane se groot genot sy hulp, want sy glo Roberto se lewe is in gevaar. Blommie word as die Martinelli-seuns se lyfwag aangestel.
Lindie stel vir Marius 'n verleidelike strik. Hein speel oop kaarte met Adèle. Blommie neem sy werk as die Martinelli's se lyfwag heeltemal te ernstig op - tot Carlo en Roberto se misnoeë.
Lindie, wat nie haar sin kan kry met die egskeidingsgeding nie, loop en kyk waar sy ander skade kan aanrig. Die getroue Blommie kry weereens 'n klap in die gesig as hy probeer goed doen.
Ivy is geskok oor Bruce se vinnige heengaan, maar Anthony is heimlik verlig. Charl en Ben wil hê Astrid moet vir Lindie konfronteer. Anthony en Jean maak 'n skokkende ontdekking.
Lindie probeer Lukas Els teen Shane opsweep. Roberto stuur vir 'n meisie 'n foto van sy maagspiere, maar druk die verkeerde knoppie...
Lindie het verdwyn en los vir Marius 'n getekende skeikontrak en geheimsinnige brief. Shane soek bloed. Almal soek of na 'n spesiale Valentyn of na iets spesiaal vir hulle Valentyn.
Dis Valentynsdag, en die onthulling van die nuwe poolkamer. Bobby van Jaarsveld maak sy verskyning. Shane en Blommie probeer van inkriminerende leidrade ontslae raak.
Roberto begin by Shane Rix werk, en kry sommer met die intrapslag sy eerste verrassing. By die villa begin 'n moontlike aanslag van die Mafia vir Isabel weer 'n werklikheid word.
Shane is paniekerig oor Lukas Els se liggaam wat spoorloos verdwyn het. Hein konfronteer vir Fritz oor sy vooroordele en sit hom deeglik op sy plek.
Ben neem Astrid hospitaal toe, en Charl is nuuskierig om te hoor wat presies die dokter van haar toestand sê.
Charl probeer meer uitvind omtrent Astrid se siekte. Esther gee vir Ivy raad, en Ben vermoed onraad met Isabel se bouery. Blommie kry skokkende nuus.
Die saga met Lindie se pa, Lukas Els gaan voort. By die villa, kan Ivy dit eenvoudig nie verhelp om jaloers te wees op Anthony se eks-vrou, Ester wat uit die bloute weer opgedaag het nie.
Jean probeer Shane uitvang, maar dié is te glibberig vir hom. Ben en Isabel steek 'n stokkie voor Roberto se verbintenis met Shane. Fritz vertel vir Astrid van die villa se geheime skat.
Ivy is baie ongemaklik oor Anthony en Ester se gemoedelikheid. Shane speel rond met Isabel en Astrid. Roberto loods 'n nuwe projek, en bring 'n geheime gas na sy kamer toe.
Shane maak Isabel al hoe banger met sy Mafia-stories, en Ivy vermoed dat Anthony en Ester nog lief is vir mekaar. Astrid saai saadjies van twyfel oor Isabel by Ben.
Isabel is baie bekommerd oor haar kinders, en Shane onderneem om die Martinelli's te beskerm. Intussen stook Astrid die onheilsvuur tussen Ben en Isabel.
Ivy rig die poolkamer in vir 'n baie belangrike okkasie, wat die ander mense kriewelrig maak. En Isabel maak haar hart oop teenoor haar twee seuns.
Fritz wil Roberto uit die kwaad hou deur hom by die skattejag te betrek, maar dan dring Astrid daarop aan om hom daarmee te help. Anthony probeer vir Ivy wys hy verkies haar bo Ester.
Anthony en Jean kry uiteindelik die geleentheid om met Desmond Davidz te onderhandel. Astrid draai Fritz om haar pinkie. Ivy se weggaan ontketen 'n hewige rusie tussen Ester en Anthony.
Shane vertel nie vir die villa se mense dat Blommie in die voet geskiet is nie en probeer uitvind wie se werk dit was. Ivy word al meer verward oor haar ware gevoelens vir Anthony.
Die poppe dans behoorlik in die villa soos dit om die wedywering vir Anthony se liefde gaan. Astrid stel skielik baie belang in Fritz se skatboek.
Met Charl en Jackie se hulp, probeer Anthony die twee vrouens in sy lewe gelukkig hou, maar soos die aand vorder, begin dinge skeefloop en die vonke spat!
Ivy en Ester se vete begin van voor af, en Adèle sit vir Charl op sy plek. Ansie daag op met 'n nuwe gas. Ben sien iets raak wat vir Isabel baie bekommerd maak.
Die spanning laai op wanneer Isabel en Ben besef dat die Mafia waarskynlik wel verantwoordelik is vir die vreemde gebeure met die Martinelli's.
Astrid stel skielik baie belang in Fritz se skatboek, wat volgens Fritz die handleiding tot die groot skat van die villa is.
Astrid lei vir Fritz om die bos en Carlo en Roberto voel vasgekeer in die villa. Isabel het skokkende nuus vir Ben.
Isabel sê sy en haar seuns gaan uit Bloemfontein padgee voor sy die losgeld vir die afperser moet betaal, maar sy wil eers 'n saketransaksie in Graaff-Reinet gaan beklink.
Almal is hartseer as Ester groet. Ben en die seuns raak bekommerd as hulle besef Isabel gaan nie betyds terug wees om die afperser se spertyd te haal nie, maar sy het haar eie agenda...
Dis die groot dag vir Ivy om Kaap toe te vertrek, en sy neem swaar afskeid. Shane kom terug met 'n besering van Angola af en Roberto kry 'n onverwagse klap!
Isabel vlieg Shane in oor die vervalste geld wat hy vir haar gelos het. Shane sê egter dit was alles deel van sy plan om die afperser vas te vat. Ene Koos van der Merwe boek in...
Roberto kan dit nie meer hanteer om in die villa opgesluit te wees nie en glip uit. Charl, Marius en Hein gaan jol in die stad. Intussen daag drie gemaskerde mans by die villa op...
Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.
- Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.
- Seasons6
Recommended

Pacote Showmax: Entertainment + Premier League
Obtenha o melhor de ambos. Veja séries de sucesso, filmes, originais africanos e muito mais e, transmita a Premier League em direto no telemóvel.
PREÇO DE LANÇAMENTO
$8