Watch Kokkedoor: Vuur En Vlam Online | Showmax
Kokkedoor: Vuur En Vlam

Kokkedoor: Vuur En Vlam

Twintig kokke bring 'n nuwe dimensie na ons land se geliefde kookmetode. Entoesias-braaiers span hul braai instinkte en tradisies in terwyl sjefs die vonke laat spat met moderne tegnieke.
Bertus Basson, Kobus Botha

Assista aos episódios completos de Kokkedoor: Vuur En Vlam

Ver Kokkedoor: Vuur En Vlam Temporada 1

  • Die Vuurdoop

    Episódio 1 - 48 mins
    Die braaiers se vuurdoop is om die beoordelaars se gunstelinge perfek te braai. Wie maak 'n goeie eerste indruk met Bertus se tjoppies en wie verbrand hul vingers met Kobus se geelstert?
  • In Die Pot

    Episódio 2 - 48 mins
    Met 'n potjiekos-legende wat hul vuurskeppings gaan proe, maak braaiers boepens-ysterpotte vol van hul herkomsstories vir die spandebuut.
  • Dis Nou Maar Wors!

    Episódio 3 - 47 mins
    Waar 'n rokie is, is 'n sissende worsie! Die ikoniese braai-driemanskap - boerewors, pap en smoortjie - word gevier. Die vleismeul draai en die pappot geroer, alles onder 'n kenner se oog.
  • Gat In Die Grond

    Episódio 4 - 49 mins
    Die braaiwerf word ingewy met 'n gat in die grond, antieke braaimetodes en kos in klei. 'n Kultuurkenner van askoek en patat onder die kole daag die braaiers uit om hul intuïsie in te span.
  • Biefstuk-Bielies!

    Episódio 5 - 48 mins
    'n Bielie van 'n biefstuk sorg vir 'n kragvertoning van vlammende flambadou, indrukwekkende snitte en die nostalgie van die steakhouse. Verrassings word afgewissel met skokaankondigings.
  • Wêreldbekerbraai

    Episódio 6 - 49 mins
    Die vuur word gestook vir die Rugbywêreldbeker onder kapteinskap van 'n rugbylegende. Spanne trek braaisakke met rugbylande se nasionale smake. Wie gaan bees-oesters en harte moet braai?
  • Hoender Kraai Koning

    Episódio 7 - 48 mins
    Hoender, die stiefkind van die braai, kraai weer koning. In hul stryd vir die Goue Haan-titel skarrel spanne teen die klok om te beïndruk met hul eie speserymengsels en bobaas hoenderpote.
  • Alles Op 'N Stokkie!

    Episódio 8 - 47 mins
    Van sosaties tot shwarma en saté, stokkieskos sis reg om die wêreld oor die kole. 'n Straatkos-ghoeroe daag die spanne uit om nuut te dink - kinderspeletjies tot die kos op die kole beland.
  • Ikoniese Visbraai

    Episódio 9 - 49 mins
    Dinge raak onstuimig op die mees suidelike punt van Afrika, wanneer die spanne teen die agtergrond van 'n skeepswrak 'n visbraai aanpak. Kinkels sorg vir nog onderstrominge.
  • Boepens In Die Ketel

    Episódio 10 - 48 mins
    'n Kokkedoor-bekende kom vier die ketelbraai, held van die agterplaasbraai. Spanne pas boepens-vark op onder 'n koepel en gee varktjops sy mojo terug met 'n geurreis van Ooste tot Weste.
  • Sintuigbraai

    Episódio 11 - 48 mins
    Met Mnr Groen in die omtrek moet braaiers op rook, hul sintuie en malvapoeding staatmaak eerder as vleisvaardighede. Die epiese vuurstryd bepaal immers wie gaan deurdring na die semi-finaal.
  • Sondag Se Staanrib

    Episódio 12 - 49 mins
    Staanrib kry 'n ereplek in die vuurherd, 'n simbool van gasvryheid. Die semi-finaliste vertolk die tradisionele Sondagmaal met 'n nostalgiese familiebraai en daarby iets soets vir die pad.
  • Die Finaal

    Episódio 13 - 49 mins
    Die finaliste se reis kom volsirkel met vuurwerke by die kaai. Ongewone braaitoerusting, imposante vleissnitte, 'n vlammende poeding en Die Goue Haan op die spel laat vonke vir oulaas spat.

Pacote Showmax: Entertainment + Premier League

Obtenha o melhor de ambos. Veja séries de sucesso, filmes, originais africanos e muito mais e, transmita a Premier League em direto no telemóvel.

PREÇO DE LANÇAMENTO
$8