Watch Villa Rosa Online | Showmax
Villa Rosa

Villa Rosa

Say Hello to Showmax! The wildly entertaining new streaming service for watching Villa Rosa. Watch today!
Lieb Bester, Therese Benade, Chantell Stander

Watch Full Episodes of Villa Rosa

Watch Villa Rosa Season 5

  • Episode 822

    Episode 822 - 23 Mins
    Dis Gekkedag en Petrus het vir al die Villa Rosers strikke gestel. Almal dink egter nie sy poetse is snaaks nie en op die ou end loop hy ook deur. Charl bring vir Isabel wonderlike nuus.
  • Episode 823

    Episode 823 - 22 Mins
    Astrid se dag skop verkeerd af, en almal moet haar irritasie ontgeld. Charl nooi Isabel vir 'n romantiese ete by die villa, maar hy weet nie wat op hom wag nie...
  • Episode 824

    Episode 824 - 23 Mins
    Astrid konfronteer Shane oor Kriek en Anthony is positief oor sy liefdelewe. Isabel en Charl baklei hard teen hulle gevoelens vir mekaar, maar vir hoe lank gaan hulle dit kan volhou?
  • Episode 825

    Episode 825 - 23 Mins
    Anthony besluit om Kupido te speel, maar dit het nie die gewenste resultate nie. Astrid onderskep die Shane-foon. Vroegaand drankies in die poolkamer ruk hand uit.
  • Episode 826

    Episode 826 - 24 Mins
    Die misverstand oor die SMS'e wat Kriek van Shane af gekry het, word opgeklaar. Petrus besef uiteindelik dat Kriek nie in hom belangstel nie en wonder hoe hy Astrid van sy lyf kan afhou.
  • Episode 827

    Episode 827 - 23 Mins
    'n Jaloerse Petrus maak ogies vir Petrie. Charl sit sy voet neer, en Hein en Marius se vete duur voort. Piet Smit maak sy opwagting by die villa.
  • Episode 828

    Episode 828 - 23 Mins
    Fritz voel weer vol moed vir die lewe en wil nuwe dinge aandurf. Vis probeer Shane oortuig om Isabel se fabriek as 'n front vir sluikhandel te gebruik.
  • Episode 829

    Episode 829 - 23 Mins
    Katinka daag op, maar kry met die intrapslag 'n nare verrassing. Hein en Marius begrawe die strydbyl, en Shane beraam nuwe planne. Kriek kry 'n skok, en Petrus mis 'n groot oomblik.
  • Episode 830

    Episode 830 - 23 Mins
    Fritz kry ontstellende nuus wanneer hy vir Ben bel. Al die inwoners van Villa Rosa kuier in Bakgat, maar Charl en Isabel kuier in haar woonstel. Met interessante gevolge.
  • Episode 831

    Episode 831 - 24 Mins
    Isabel en Charl hou hulle romanse geheim. Sussie en Hein beland in 'n vreeslike verleentheid, Anthony se depressie vererger, en Shane besoek die villa met 'n onwelkome verrassing.
  • Episode 832

    Episode 832 - 23 Mins
    Shane gooi sy gewig rond terwyl die ander aandeelhouers swaar sluk aan die feit dat hy nou 25% aandele in die villa besit. Die studentegang is skielik vol.
  • Episode 833

    Episode 833 - 22 Mins
    Hein wil vroeër trou, maar Sussie dring aan op 'n Oktober-troue. Shane begin sy gewig rondgooi in die villa en Marius, Charl en Fritz kom in opstand. Marius maak 'n skokkende aankondiging.
  • Episode 834

    Episode 834 - 24 Mins
    Emosies loop hoog as Marius sy besluit om sy aandele te verkoop, verder oorweeg. Charl en Isabel kuier alleen by haar woonstel terwyl 'n gespanne Anthony vir sy eerste afspraak sit en wag.
  • Episode 835

    Episode 835 - 23 Mins
    Anthony se eerste afspraak laat hom stom. Shane maak hom al hoe meer tuis in die villa. Charl en Isabel deel 'n passievolle oomblik, en raai wie vang hulle uit?
  • Episode 836

    Episode 836 - 23 Mins
    Charl en Isabel se verhouding kom op die lappe, en die storie versprei soos 'n veldbrand. Fritz is ontstoke omdat Ben sy aandele aan Shane verkoop het.
  • Episode 837

    Episode 837 - 24 Mins
    As Lorraine se ma by die villa opdaag, begin mense verstaan waar die meisie se sielkundige probleme vandaan kom. Astrid soek toenadering tot Shane, maar besef hy is nie oor Isabel nie.
  • Episode 838

    Episode 838 - 23 Mins
    Astrid en Charl is ewe bekommerd dat Shane sy visier dalk weer op Isabel gaan stel. Lenie maak die lewe ondraaglik vir Lorraine en kry ook vir Fritz en Astrid voor stok.
  • Episode 839

    Episode 839 - 22 Mins
    Hein se daknatmaakpartytjie werk anders uit as wat hy gehoop het. Fritz trap vir Shane behoorlik uit, maar loop in die proses sy rieme styf.
  • Episode 840

    Episode 840 - 24 Mins
    Shane treiter vir Fritz. Anthony het goeie nuus, en Lenie dwing vir Lorraine om terug te gaan Delmas toe. Gaan Lorraine na Marius se raad luister, of nie?
  • Episode 841

    Episode 841 - 23 Mins
    Lorraine neem 'n dapper besluit. Shane en Vis konkel oor hoe om 'n wig tussen Isabel en Charl in te dryf. Fritz kry 'n oproep uit Frankryk.
  • Episode 842

    Episode 842 - 24 Mins
    Hein vertel vir Sussie van Charl en Olga. So kom Shane daarvan te hore, en Vis kul vir Anthony om inligting in die hande te kry. 'n Nuwe gas boek by die villa in.
  • Episode 843

    Episode 843 - 23 Mins
    Anthony kan nie glo dat Cheryl hom nie weer wil sien nie. Wat voer sy in die mou? Shane is baie in sy skik dat Vis vir Olga opgespoor het.
  • Episode 844

    Episode 844 - 23 Mins
    Shane en Vis se planne neem vorm aan, die misterieuse dagboek het almal aan die wonder, en Sussie kry 'n nare voorgevoel. Kriek vlug vir Marius.
  • Episode 845

    Episode 845 - 24 Mins
    Die spanning begin knaag aan Sussie oor die naderende verlowingspartytjie en dan gee Hein haar ook nog slegte nuus. Charl verklap 'n paar van sy liefdesgeheime.
  • Episode 846

    Episode 846 - 24 Mins
    Fritz se eksvrou daag weer by die villa op, skynbaar om te verduidelik dat Ben sy aandele nie willens en wetens aan Shane verkoop het nie. Het Hein dit reggekry om Shane op sy plek te sit?
  • Episode 847

    Episode 847 - 23 Mins
    Die Koekemoers daag op met 'n hele wavrag voorraad, maar is teleurgesteld in hulle ontvangs. Ansie en Annetjie is haaks, en Marius kry 'n aangename verrassing.
  • Episode 848

    Episode 848 - 23 Mins
    Mari leer vir Cheryl iets van verhoudings. Vis sukkel om Olga in Suid-Afrika te kry, maar Shane weier om nee vir 'n antwoord te vat. Mari bespreek iets met Charl wat Fritz hewig ontstel.
  • Episode 849

    Episode 849 - 23 Mins
    Charl maak vir Isabel 'n aanbod wat sy nie kan weier nie. Marius en Lorraine is dolverlief. Shane is vasberade om sy plan deur te voer en Gerrie Pretorius maak sy opwagting by die villa!
  • Episode 850

    Episode 850 - 23 Mins
    Die vonke tussen Moekie en Ansie lei tot 'n sidderende ontploffing, Petrus groet, Fritz en Mari deel besonderse laaste oomblikke, en haar afskeid bring herinneringe terug.       
  • Episode 851

    Episode 851 - 24 Mins
    Astrid soek vir die soveelste keer toenadering by Shane. Dis Hein en Sussie se verlowingspartytjie, maar almal moet bontstaan om Ansie en Moekie uit mekaar se hare te hou!
  • Episode 852

    Episode 852 - 23 Mins
    Hein en Sussie raak bekommerd oor die familie-vetes, en begin 'n ander troudatum oorweeg. Vis beraam 'n plan met Chris Fourie, en Shane keur dit goed. Marius kry 'n skokkende oproep.
  • Episode 853

    Episode 853 - 23 Mins
    Marius en die Retiefs moet vinnig planne beraam wanneer hulle hoor Jackie wil haar villa-aandele verkoop. Die liefde blom tussen Charl en Isabel...
  • Episode 854

    Episode 854 - 23 Mins
    Jackie besluit tot Shane en Astrid se ergenis om haar aandele aan Charl en Marius te verkoop. Shane is woedend omdat sy nie sy aanbod wil aanvaar nie en weier om tou op te gooi.
  • Episode 855

    Episode 855 - 24 Mins
    Charl vier sy nuwe status, die oorlog oor Jackie se kamer duur voort, en die dagboek bly 'n punt van bespreking. Shane draai Astrid om sy pinkie en 'n beeldskone Rus maak haar opwagting.
  • Episode 856

    Episode 856 - 23 Mins
    Almal ding mee om Olga se aandag. Anthony se volgende internetvriendin boek by die villa in en sy is duidelik 'n dame met waardering vir die fyner dinge in die lewe.
  • Episode 857

    Episode 857 - 23 Mins
    Anthony spandeer 'n suksesvolle aand saam met Vivian. Carlo moedig vir Isabel aan om vir Charl se liefde te baklei.
  • Episode 858

    Episode 858 - 24 Mins
    Vivian en Anthony gaan weer uiteet, en Cheryl sukkel om haar jaloesie weg te steek. Intussen probeer Beverly nog steeds tevergeefs om Anthony te kontak.
  • Episode 859

    Episode 859 - 23 Mins
    Shane trek tydelik by die villa in, nogsteeds met die hoop dat hy 'n wig tussen Isabel en Charl kan dryf. Marius word wreed ontnugter.
  • Episode 860

    Episode 860 - 23 Mins
    Kriek kry ontstellende nuus, en Charl probeer tevergeefs om Olga teen Shane te waarsku. Bev daag onverwags by Anthony se woonstel op. Marius kom agter Lorraine steek dinge vir hom weg.
  • Episode 861

    Episode 861 - 23 Mins
    Isabel onthaal weer haar vriende, maar hou nie rekening met ongenooide gaste nie. Shane besef nie hoe geslepe Astrid eintlik is nie, en trap in haar strik.
  • Episode 862

    Episode 862 - 25 Mins
    Marius is agterdogtig oor wat Lorraine alles vir hom wegsteek. Olga sukkel om te aanvaar dat Charl nie vir haar bestem is nie. Astrid probeer Shane oortuig dat sy die vrou vir hom is.
  • Episode 863

    Episode 863 - 24 Mins
    'n Geliefde Villa Roser keer terug. Isabel en Charl het hulle eerste woordewisseling. Anthony wil vir Bev die trekpas gee, maar dis nie so maklik nie. Lorraine se leuens haal haar in.
  • Episode 864

    Episode 864 - 23 Mins
    Marius konfronteer Lorraine oor haar leuens en sy verval in 'n donker en emosionele put. Isabel word bederf met 'n spesiale ete, en Anthony kry die skok van sy lewe.
  • Episode 865

    Episode 865 - 23 Mins
    Anthony is aan Beverly se genade oorgelaat. As sy stories van gedoemde verliefdes begin vertel, raak Anthony baie bekommerd. Gaan Cheryl betyds opdaag om hom te red?
  • Episode 866

    Episode 866 - 23 Mins
    Die situasie in Anthony se woonstel word al hoe meer makaber. Marius en Lorraine is nog ongemaklik met mekaar, en Petrus stort sy hart by Hein uit.
  • Episode 867

    Episode 867 - 23 Mins
    Anthony probeer 'n nuwe taktiek om Beverly te laat afsien van die idee dat hulle saam moet sterf. Petrus ontmoet vir die eerste keer in sy lewe 'n meisie met wie hy niks te doen wil hê nie.
  • Episode 868

    Episode 868 - 23 Mins
    Petrus en Petro is haaks. Astrid ontvang vir Willie Louw, en aanvaar sy aanbod. Anthony oornag by die villa.
  • Episode 869

    Episode 869 - 23 Mins
    Sussie kom agter watter opwindende planne Hein vir hulle wittebrood het, Lorraine gee vir Marius 'n duur geskenk, en Petrus is in die moeilikheid.
  • Episode 870

    Episode 870 - 23 Mins
    Petrus en Petro is albei vasberade om mekaar te beïndruk tydens hulle afspraak. Anthony sukkel steeds om die traumatiese ervaring met Bev te verwerk.
  • Episode 871

    Episode 871 - 23 Mins
    Cheryl se trane is onkeerbaar, Petro ontdek daar was 'n weddenskap oor haar en Petrus se afspraak, en 'n goeie vriend van Charl daag op. Astrid ontvang 'n dringende foonoproep.
  • Episode 872

    Episode 872 - 23 Mins
    Zack lei vir Charl om die bos. Astrid knou weer vir Lorraine af, en 'n baie ontstelde Petro trek by die villa in. Zack ontmoet vir Isabel, en Astrid kry skokkende nuus.
  • Episode 873

    Episode 873 - 22 Mins
    Anthony probeer 'n afspraak met Astrid maak, maar sy vermy hom. Charl se nuwe werk word in die poolkamer gevier waar Zack die haan onder die henne is.
  • Episode 874

    Episode 874 - 23 Mins
    Astrid is so gespanne dat sy meer as gewoonlik met die villa se mense vassit. Cheryl wil weet wat Anthony pla, maar hy weier om dit met haar te bespreek.
  • Episode 875

    Episode 875 - 23 Mins
    Petrus en Petro bly koppe stamp, en Hein is kwaad vir Sussie. Marius gee vir Lorraine haar beloofde present, en die uitslag van Astrid se toetse is gereed.
  • Episode 876

    Episode 876 - 23 Mins
    Astrid onttrek haar en probeer haar skok en ontnugtering verwerk. Charl vermy vir Isabel. Cheryl en Anthony stamp koppe oor Astrid, en Anthony bars 'n bom en laat almal stom.
  • Episode 877

    Episode 877 - 22 Mins
    Astrid kruip in haar kamer weg terwyl Marius moet bontstaan vir die gaste. Isabel en Charl het 'n uitval, Cheryl is gefrustreerd omdat haar en Anthony se verhouding nie op dreef kom nie.
  • Episode 878

    Episode 878 - 23 Mins
    Zack laat bars 'n bom oor Eagle Creek se finansiering, en Shane soek 'n manier om wraak te neem op Charl. Intussen waag Astrid dit nog steeds nie by haar kamer uit nie.
  • Episode 879

    Episode 879 - 23 Mins
    Astrid kondig aan dat sy gesond is, en Petro en Zack maak ogies vir mekaar. Marius en Lorraine het 'n uitval, en Anthony verras vir Cheryl.
  • Episode 880

    Episode 880 - 23 Mins
    Anthony en Cheryl kom smoorverlief terug nadat hulle die naweek weg was, en Charl besluit hy moet Isabel ook weer 'n slag bederf. Petro probeer vir Petrus 'n poets bak.
  • Episode 881

    Episode 881 - 23 Mins
    Sussie en Lorraine vaar die winkels in en 'n gefrustreerde Shane loop hom vas in 'n baie gedetermineerde Astrid. Petrus is opgewonde oor sy nuwe werk.
  • Episode 882

    Episode 882 - 24 Mins
    Petro slaan Petrus se asem weg, en die spanning tussen Marius en Lorraine bereik breekpunt. Dan kom Astrid weer te staan voor 'n ou, gevaarlike gewoonte.
  • Episode 883

    Episode 883 - 23 Mins
    Kriek onderneem om vir Marius te probeer help met Lorraine, maar Lorraine interpreteer hulle pogings verkeerd. Shane en Astrid het 'n lelike uitval, en Astrid besluit om wraak te neem.
  • Episode 884

    Episode 884 - 24 Mins
    Petrus huil ook op Kriek se skouer omdat Petro nie voor sy sjarme wil swig nie. Charl en Cheryl wil gaan kamp, maar hul geliefdes dink glad nie dis 'n goeie plan nie.
  • Episode 885

    Episode 885 - 24 Mins
    Dinge tussen Marius en Lorraine bly krap. Cheryl wil 'n artikel skryf oor die volmaakte liefdesverhaal, maar as Hein haar motivering hoor, ontplof hy.
  • Episode 886

    Episode 886 - 25 Mins
    Die villa se krag is nog steeds af, maar niemand kan uitvind hoekom nie. Cheryl skimp verder dat sy by Anthony wil intrek; hy wil egter nie byt nie.
  • Episode 887

    Episode 887 - 23 Mins
    Katinka daag op, tot Fritz se groot vreugde. Sussie het 'n onderonsie met Astrid, en Vis slaan weer toe. Cheryl maak haar tuis by Anthony, en dit lyk of Marius se planne gaan uitwerk.
  • Episode 888

    Episode 888 - 23 Mins
    Die villa se kragkrisis ontaard in 'n katastrofe - die gaste word ongeduldig en Ansie se vrieskos begin ontdooi. Anthony vang Cheryl onkant met 'n uitnodiging.
  • Episode 889

    Episode 889 - 23 Mins
    Ontevrede gaste begin een vir een uitboek. Shane kom krap gemoedere net verder om by die Villa, Astrid is al weer vol skelmstreke, en Charl kry die verrassing van sy lewe.
  • Episode 890

    Episode 890 - 25 Mins
    Katinka beplan 'n romantiese ete, Anthony leer 'n ander sy ken van Cheryl, en Carlo hanteer dit nie goed dat Isabel vir Charl afgesê het nie. Danksy Shane skyn daar weer lig in Villa Rosa.
  • Episode 891

    Episode 891 - 25 Mins
    Katinka het nog nie moed opgegee met haar pogings om Fritz in te katrol nie. Carlo probeer Isabel vir oulaas oorreed om Charl nog 'n kans te gee. Lorraine maak 'n skokkende onthulling.
  • Episode 892

    Episode 892 - 23 Mins
    Katinka wil vir oulaas tyd saam met Fritz spandeer, en Sussie beland in die modder. Shane is in sy skik met die nuutste verwikkelinge, en Fritz ontvang 'n onwelkome oproep.
  • Episode 893

    Episode 893 - 23 Mins
    Anthony probeer uitvis hoe lank Cheryl nog by hom gaan bly, maar sy verstaan verkeerd en dink hy het langtermynplanne. Lenie Marx dring daarop aan om Lorraine terug huis toe te neem.
  • Episode 894

    Episode 894 - 23 Mins
    Astrid wys vir Lenie wie's baas. Marius probeer uitvis wat regtig vir Lorraine pla, maar sy verklap niks. Die Koekemoers arriveer en het 'n verrassing saamgebring.
  • Episode 895

    Episode 895 - 23 Mins
    Marius gee Sussie toestemming om haar trougoed in Jackie se kamer te hou. Moekie wil 'n onwillige Lammetjie aan Carlo voorstel, en Isabel kry nagmerries oor Roberto.
  • Episode 896

    Episode 896 - 23 Mins
    Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig 'n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam met hom uit te gaan. Lida vertel vir Fritz wat sy in die werkskamer aanmekaar slaan.
  • Episode 897

    Episode 897 - 22 Mins
    Karolien se eerste dag op kantoor hou 'n paar verrassings in, Isabel is emosioneel oor Roberto, en Sussie se droom van 'n sprokieshuwelik lyk al hoe bleker.
  • Episode 898

    Episode 898 - 23 Mins
    Lammetjie probeer Carlo weer uitvra, en Shane kom maak die villa se aandeelhouers 'n aanbod rakende Lenie Marx se eis teen hulle.
  • Episode 899

    Episode 899 - 23 Mins
    Die mense van Villa Rosa besef hulle het nie 'n keuse as om Shane Rix se aanbod te aanvaar nie. Hein en Sussie is moeg van hul familie se bakleiery en neem 'n belangrike besluit.
  • Episode 900

    Episode 900 - 23 Mins
    Ansie en Moekie wil die kinders oortuig om voort te gaan met die groot troue, en die henne-en-rampartye skop af. Charl se fout kom hom duur te staan.
  • Episode 901

    Episode 901 - 23 Mins
    Charl is in onguns by almal nadat hy Karolien probeer soen het. Gerhard en Vadie besluit dis tyd dat Ansie en Moekie 'n bietjie van hulle eie medisyne kry.
  • Episode 902

    Episode 902 - 23 Mins
    Marius staan bont om die villa te beskerm teen aantygings van sedeloosheid, en Moekie leef in angs dat haar naam beswadder gaan word. Carlo is Lammetjie se held.
  • Episode 903

    Episode 903 - 23 Mins
    Lorraine veg teen die versoeking, en Shane skok vir Karolien. Fritz en Anthony is bekommerd oor Astrid, en Moekie en Vadie maak 'n skokkende ontdekking.
  • Episode 904

    Episode 904 - 24 Mins
    Die nuus dat Hein en Sussie kleinneef en -niggie is, maak dat haar ouers die troue summier wil kanselleer en Sussie terug Kimberley toe neem...
  • Episode 905

    Episode 905 - 23 Mins
    Sussie moet 'n moeilike besluit oor haar toekoms maak. Intussen daag twee onverwagse besoekers by die villa op en Shane steek Astrid toe by die Retiefs.
  • Episode 906

    Episode 906 - 22 Mins
    Astrid se verdwyning maak vir Shane paranoïes, Kriek kom kuier, Lammetjie sleep vir Isabel na 'n nagklub toe, en Lorraine sit gestrand in Bakgat.
  • Episode 907

    Episode 907 - 22 Mins
    Hein besluit om die bul by die horings te pak, met verreikende gevolge. Astrid is steeds soek. Anthony is in ekstase oor Cheryl se SMS.
  • Episode 908

    Episode 908 - 24 Mins
    Sussie daag onverwags by Shane se kantoor op en Karolien moet haar goedjies pak. Charl maak 'n deurbraak wanneer hy 'n teenstrydigheid in die villa se boekhouding ontdek.
  • Episode 909

    Episode 909 - 23 Mins
    Hein kry baie swaar sonder Sussie. Anthony is verheug dat Cheryl terug is, en Carlo sien iemand uit die verlede vir wie hy lankal sy mes in het.
  • Episode 910

    Episode 910 - 23 Mins
    Carlo konfronteer vir Fanus, Isabel soek antwoorde by Shane, Astrid saai agterdog teenoor Charl, en Vis loop sy rieme styf.
  • Episode 911

    Episode 911 - 23 Mins
    Shane probeer vir Fanus opspoor. Fritz is erg bekommerd oor die finansiële sake van die Villa. Hein vat die pad, en Carlo besluit gereg in eie hande te neem.
  • Episode 912

    Episode 912 - 23 Mins
    Lorraine wil veranderinge in Bakgat aanbring en dit lei tot spanning tussen haar en Marius. Intussen voel Sussie baie sleg oor hoe sy en Hein uitmekaar is. 
  • Episode 913

    Episode 913 - 23 Mins
    Sussie skraap moed bymekaar om met Hein te praat. Isabel vra Shane 'n guns en hulle stamp koppe as hy nie sy belofte hou nie. Astrid het 'n nuwe plan vir die villa, en 'n nuwe gas daag op.
  • Episode 914

    Episode 914 - 23 Mins
    Isabel besluit finaal om nie meer haar tyd met Shane te mors nie. Anthony en Cheryl se liefde blom totdat daar 'n klop aan sy deur is. En die nuwe intrekker in die Villa. Wat is sy agenda?
  • Episode 915

    Episode 915 - 23 Mins
    Fritz dra 'n groot taak op aan Petrus. Isabel se afsydigheid teenoor Shane maak hom rasend, maar vir Carlo baie gelukkig. Neil wys sy ware kleure, en Vis vra vir Sussie 'n groot guns.
  • Episode 916

    Episode 916 - 22 Mins
    Sussie kan nie besluit of sy Vis wil help om Fanus iewers weg te steek nie. Neil dryf Astrid in 'n hoek. Fritz en Petrus ontdek iets interessant op die kaart agterop Oudokter se portret.
  • Episode 917

    Episode 917 - 23 Mins
    Neil se houvas op Astrid raak skrikwekkend. Gaan Fanus gered kan word en gaan Astrid by Shane kry wat sy wil hê?
  • Episode 918

    Episode 918 - 22 Mins
    Neil waarsku Astrid dat haar tyd besig is om uit te loop. Prof en Petrus gaan voort met hulle soektog en volg 'n baie belowende leidraad op. Fanus kruip steeds in Jackie se kamer weg.
  • Episode 919

    Episode 919 - 22 Mins
    Astrid probeer op 'n slinkse manier inligting uit 'n verskrikte Sussie kry. Anthony wend 'n desperate poging aan om met Beyers te kompeteer. Fritz en Petrus se skattejag gaan voort.
  • Episode 920

    Episode 920 - 22 Mins
    Charl word al hoe meer agterdogtig oor Neil. Shane is woedend wanneer Sussie hom van die veranderinge by die villa vertel. Intussen is Vis en Fanus steeds in Jackie se kamer vasgekeer.
  • Episode 921

    Episode 921 - 24 Mins
    Isabel se geduld raak op. Shane waarsku Astrid teen Neil, en Cheryl se gedrag teenoor Anthony begin hand uitruk. Neil se fasade rafel uit, en Petrus en Hein maak vrede.
  • Episode 922

    Episode 922 - 23 Mins
    Neil gaan soek Shane in sy kantoor op en dinge kom tot 'n punt tussen hom en Astrid. Fritz klop by 'n ou kollega aan vir hulp met die skatkaart.
  • Episode 923

    Episode 923 - 23 Mins
    Anthony wil Cheryl vir die dag uitneem, maar Beyers rokkel haar weg. Neil is skielik haastig om uit Bloemfontein weg te kom. Fritz glo hy en Petrus is op die rand van 'n groot ontdekking.
  • Episode 924

    Episode 924 - 23 Mins
    Daar is 'n ongemaklike atmosfeer in die villa. Shane is woedend vir Anthony en Astrid. Hy ontstig Sussie en dwing haar in 'n ding wat sy nie wil doen nie. Hein kry 'n skok.
  • Episode 925

    Episode 925 - 24 Mins
    Charl konfronteer Astrid oor die ring wat weg is. Marius beplan 'n romantiese aand vir Lorraine. Sussie en Hein neem finaal afskeid. Gaan Fanus 'n bekentenis aan Isabel maak?
  • Episode 926

    Episode 926 - 23 Mins
    Fritz kry nuus oor die veldponde. Astrid en Charl besluit om vrede te maak, en Fanus en Shane daag by De Ruimtes op...
  • Episode 927

    Episode 927 - 23 Mins
    Fanus bieg. Dinge loop skeef maar Shane probeer steeds vasberade sy plan uitvoer. Vis wil 'n tragedie verhoed. As Cheryl en Beyers foto's gaan soek kry hulle 'n onaangename verrassing.
  • Episode 928

    Episode 928 - 23 Mins
    Vis waarsku Shane dat hy nog eendag gaan boet vir wat met Fanus gebeur het. Petrus se modelmeisie irriteer party mense in die villa soveel as wat sy die manne betower.
  • Episode 929

    Episode 929 - 23 Mins
    Isabel en Cheryl sit vas. Cheryl kies finaal tussen Beyers en Anthony. By Bakgat is daar 'n groot partytjie  en die Retiefs kry skokkende nuus.
  • Episode 930

    Episode 930 - 24 Mins
    Niemand weet hoe om die nuus van Ben se ongeluk te verwerk nie. Beide Hein en Sussie kry 'n vreemde oproep. Anthony is bly om Cheryl weer vir homself te hê.
  • Episode 931

    Episode 931 - 22 Mins
    Cheryl probeer weer om met Isabel vrede te maak. Charl sal Prof na Frankryk vergesel, maar hy het 'n voorwaarde. Astrid daag onverwags by Shane op en maak 'n interessante ontdekking.
  • Episode 932

    Episode 932 - 23 Mins
    Fritz, Charl en Marius vertrek Frankryk toe. Gerhard en Vadie trek by die villa in. Wanneer Vis Astrid besoek gooi sy vir hom aas. Gaan hy dit vat?
  • Episode 933

    Episode 933 - 22 Mins
    Petrus is paniekerig oor sy voorgenome ete saam met Anke. Vadie en Gerhard speel nie oop kaarte met mekaar nie.Charl bel Isabel met skokkende nuus. 
  • Episode 934

    Episode 934 - 23 Mins
    Shane gee vir 'n teësinnige Vis 'n nuwe opdrag terwyl Astrid verder met die skatkaart vorder. Petrus en Anke se romantiese ete neem 'n onverwagse wending as haar ma by die Villa opdaag.
  • Episode 935

    Episode 935 - 22 Mins
    Carlo neem afskeid van Isabel en al sy vriende. Cilliers berei hom voor vir die finale rondte van die sangkompetisie en Annie Brandt maak vuur onder Petrus en haar dogter.
  • Episode 936

    Episode 936 - 24 Mins
    By die villa wag almal in spanning vir Fritz, Charl en Marius se terugkoms. Charl maak sy hart aan Isabel oop. Vis vertel Shane van sy planne.
  • Episode 937

    Episode 937 - 23 Mins
    Astrid soek skoor met almal. Anthony simpatiseer met Charl en Fritz. Die Bingo-aand veroorsaak wrywing tussen Marius en Lorraine. Charl kry 'n oproep van Ben se prokureur.
  • Episode 938

    Episode 938 - 24 Mins
    Marius vra Lorraine om verskoning en die twee maak vrede. Isabel erken sy voel eensaam sonder Carlo.  Shane staan reg met 'n nuwe opdrag vir Vis.
  • Episode 939

    Episode 939 - 23 Mins
    Vis wil Astrid teen Shane waarsku, maar hy weet nie hoe nie. Cheryl en Anthony is dolverlief, terwyl Shane weer probeer om Isabel uit te vra. Daniël kom loer na maande weer in.
  • Episode 940

    Episode 940 - 24 Mins
    'n Onverwagte gas daag by die villa op. Daniël nooi Sussie om iets opwindends saam met hom te doen, en Shane ontbied Vis weer na sy kantoor.
  • Episode 941

    Episode 941 - 22 Mins
    Die oorlog tussen Marius en Lorraine duur voort. Vis konfronteer Astrid. Hoekom het sy Shane vertel sy is MIV negatief? Hein bring 'n beseerde meisie Villa toe.
  • Episode 942

    Episode 942 - 22 Mins
    Anthony soek raad by Isabel oor Cheryl. Retha wil Fritz se vertroue  wen en Marius en Lorraine stamp steeds koppe. Vis probeer Astrid oorreed om van haar planne af te sien.
  • Episode 943

    Episode 943 - 22 Mins
    Daniël maak sy hart teenoor Fritz oop. Vis bring vir Shane die "geheime wapen", en Lorraine kry 'n blink idee. Almal is verbaas as Anthony met die verrassing van die jaar kom!
  • Episode 944

    Episode 944 - 23 Mins
    Astrid maak dinge moeilik vir Retha, en Marius vervies hom vir Lorraine. Shane wil nog nie die spuitnaald met Vis se vingerafdrukke vernietig nie...
  • Episode 945

    Episode 945 - 23 Mins
    Marius dank Lorraine af, en Vis besef Shane het hom bedrieg. Anthony verseker Cheryl van sy liefde vir haar, en Shane tref voorbereidings vir Astrid se dood.
  • Episode 946

    Episode 946 - 22 Mins
    Shane is gereed om finaal met Astrid af te reken, maar Vis probeer haar desperaat van hom af weghou. Mari is bekommerd oor Fritz se welstand.
  • Episode 947

    Episode 947 - 24 Mins
    'n Skokkende verrassing wag vir Sussie in Shane se kantoor. Astrid oorreed Vis om vir haar te werk. Voor sy afskeid neem waarsku Mari vir Fritz teen Retha.
  • Episode 948

    Episode 948 - 24 Mins
    Die Villa se mense tob oor Shane se tragiese dood. Niemand kan verstaan waarom Shane alles aan Astrid bemaak het nie. Astrid begin dadelik haar lyf rondgooi en die Retiefs sien swarigheid.
  • Episode 949

    Episode 949 - 25 Mins
    Sussie kry snuf in die neus oor Astrid se doen en late en vertel Charl van haar vermoedens. Astrid daag skynbaar in vrede by Isabel op, maar loop nie sonder 'n laaste dreigement nie.
  • Episode 950

    Episode 950 - 22 Mins
    Sussie geniet haar rol as die Villa se nuwe gasvrou. Cheryl se jongste artikel is klaar en Anthony wil fees vier. Vis vra Astrid om saam met hom na Shane se verassing toe te gaan.
  • Episode 951

    Episode 951 - 22 Mins
    Vicky begin vir Astrid werk. Charl praat met Fritz oor Retha, Lorraine en Marius baklei voort, Anthony het goeie nuus, en die vlam tussen Hein en Sussie flikker op.
  • Episode 952

    Episode 952 - 23 Mins
    Daniël kom verduidelik hoekom hy nie vir sy afspraak met Sussie opgedaag het nie, maar sy is te kwaad om te luister. Dinge tussen Hein en Sasha-Lee kom tot 'n punt.
  • Episode 953

    Episode 953 - 24 Mins
    Petrus besluit Vicky is sy droomvrou. Sussie kry 'n verrassing waarop sy nie voorbereid is nie en Charl konfronteer Retha, maar sy ontken heftig sy het 'n verskuilde agenda.
  • Episode 954

    Episode 954 - 23 Mins
    Sussie se stryd as gasvrou duur voort, maar Daniël sorg vir lig in haar lewe. Fritz en Retha se vriendskap raak al hoe hegter en 'n koelbloedige oorlog begin tussen Marius en Lorraine.
  • Episode 955

    Episode 955 - 22 Mins
    Hein en Petrus wedywer oor Vicky. 'n Beroemde persoon kom gesels besigheid met Charl. Daniël sukkel steeds om sy liefde aan Sussie te verklaar. Cheryl probeer Anthony verras.
  • Episode 956

    Episode 956 - 21 Mins
    Marius is steeds woedend vir Lorraine en dreig haar met 'n prokureur. Retha en Sussie kry stry, en Anthony en Hein verras Cheryl met iets wat haar asem wegslaan.
  • Episode 957

    Episode 957 - 22 Mins
    Dis die groot aand van die uitstalling en Charl se senuwees is aan flarde. Lorraine probeer Marius se vertroue terugwen. Petrus het sterre in sy oë, totdat Vicky haar mond verbypraat...
  • Episode 958

    Episode 958 - 23 Mins
    Sussie het slegte nuus vir Daniël, Petrus en Vicky se verhouding vlot nie goed nie, en Astrid probeer steeds vir Vicky onder haar duim kry. Marius slaan Lorraine se asem weg.
  • Episode 959

    Episode 959 - 23 Mins
    Marius en Lorraine is weer verlief. Cheryl kry uiteindelik duidelikheid oor haar en Anthony se verhouding. Retha vra Fritz om verskoning en Petrus verbrou nog 'n kans met Vicky.
  • Episode 960

    Episode 960 - 23 Mins
    Die Villa kom tot stilstand na 'n besige naweek. Sussie probeer met Retha praat oor haar huur, maar 'n argument ontstaan. Astrid besluit dis tyd om uit te vind wie en wat Retha regtig is.
  • Episode 961

    Episode 961 - 25 Mins
    'n Onwelkome besoeker daag op en veroorsaak 'n beroering onder die Villa Rosers. Astrid vra Retha uit oor haar verlede. Vis kom by die villa aan met interessante nuus.
  • Episode 962

    Episode 962 - 22 Mins
    Fritz weier om Astrid se aantygings teen Retha te glo. Maar Charl is van voor af agterdogtig. Astrid ontbied Chris na haar kantoor en die polisie daag by die Villa op.
  • Episode 963

    Episode 963 - 23 Mins
    Fritz is ontsteld oor Retha, Sussie is terneergedruk oor sommer alles, en Astrid se nuwe sekretaresse maak haar gek. Dan daag daar 'n beroemde gas by die villa op en die pret begin...
  • Episode 964

    Episode 964 - 24 Mins
    Hannon is op pad, maar nie sonder 'n laaste bietjie raad nie. Fritz moet gaan klasgee. Hein kan nie sy oë van die nuwe Sussie af hou nie en Astrid kom agter iemand is nog slinkser as sy.
  • Episode 965

    Episode 965 - 25 Mins
    Anthony neem 'n groot stap, en Annie Brand sit vas met Astrid en Petrus. Lorraine probeer uitvind of Marius nog gevoelens vir Lindie het. Sussie kry ontstellende nuus van die plaas af.
  • Episode 966

    Episode 966 - 23 Mins
    'n Gewese Villa inwoner maak haar opwagting en kruip dadelik weer in almal se harte - veral Petrus s'n. Fritz doen sy bes om Gerhard te ondersteun, en Isabel het groot besigheidsplanne.
  • Episode 967

    Episode 967 - 24 Mins
    Gerhard kry skokkende nuus. Charl tob oor Isabel se transaksie met Astrid. Astrid gee Karolien 'n harde tyd en Petrus is maar te dankbaar hy kan haar onderskraag.
  • Episode 968

    Episode 968 - 24 Mins
    Sussie en Hein besluit om vriende te wees. Hein is egter onseker oor 'n platoniese verhouding. Astrid maak Karolien se lewe hel. Gerhard bring ontstellende nuus van die prokureur af.
  • Episode 969

    Episode 969 - 24 Mins
    Isabel is ontstoke oor Astrid se gekonkel en oorweeg regstappe. Astrid begin haar bates konsolideer. Petrus kom laat by Bakgat aan. Sy moed is gebreek totdat Karolien, nes hy, laat opdaag.
  • Episode 994

    Episode 994 - 23 Mins
    Astrid is ontsteld omdat Mike vir Carla by hulle bedrywighede wil betrek. Lorraine kan sien Marius is getrou aan haar, maar ander meisies bly nog steeds vir haar 'n bedreiging.
  • Episode 997

    Episode 997 - 23 Mins
    Die manne is vuur en vlam oor die ramparty, en Vicky is in haar skik omdat sy werk by Bakgat gekry het. Marius konfronteer vir Mike oor Lorraine. Astrid maak 'n onthulling wat almal skok.
  • Episode 1000

    Episode 1000 - 26 Mins
    Dis Isabel en Charl se troudag. Die huwelikseremonie is 'n groot sukses en Isabel en Charl is stralend gelukkig.
  • Episode 1004

    Episode 1004 - 24 Mins
    Anthony en Carla maak rusie en sy besluit om by die Villa in te trek. Astrid is steeds agterdogtig oor Mike en stuur Vis om ondersoek in te stel. Petrus is desperaat om werk te kry.
  • Episode 1030

    Episode 1030 - 24 Mins
    Marius probeer Petrus weereens teen Mike waarsku, maar Petrus bly lojaal. Fritz en Charl besluit hulle moet Anthony en Carla help om mekaar te vind.
  • Episode 1031

    Episode 1031 - 23 Mins
    'n Bekende kamerkoor daag by die Villa op. Vis oortuig Astrid van sy lojaliteit, en Anthony en Carla kan nie meer wegsteek hulle is verlief nie.

FAQs

Download the Showmax app and start streaming full episodes of Villa Rosa. View the full list of supported devices.

You can watch Villa Rosa on Showmax. Just sign up for Showmax and stream every episode.

Showmax currently has 6 seasons of Villa Rosa available for streaming.

Bundle it: Entertainment + Premier League

Get the best of both. Watch hit series, movies, African Originals and more plus stream Premier League and all PSL matches live on mobile.

ONLY
N$140