Kokkedoor: Vuur En Vlam
Kokkedoor: Vuur En VlamTwintig kokke bring 'n nuwe dimensie na ons land se geliefde kookmetode. Entoesias-braaiers span hul braai instinkte en tradisies in terwyl sjefs die vonke laat spat met moderne tegnieke.
Bertus Basson, Kobus Botha
Watch Full Episodes of Kokkedoor: Vuur En Vlam
Watch Kokkedoor: Vuur En Vlam Season 1
Die Vuurdoop
Episode 1 - 48 MinsDie braaiers se vuurdoop is om die beoordelaars se gunstelinge perfek te braai. Wie maak 'n goeie eerste indruk met Bertus se tjoppies en wie verbrand hul vingers met Kobus se geelstert?In Die Pot
Episode 2 - 48 MinsMet 'n potjiekos-legende wat hul vuurskeppings gaan proe, maak braaiers boepens-ysterpotte vol van hul herkomsstories vir die spandebuut.Dis Nou Maar Wors!
Episode 3 - 47 MinsWaar 'n rokie is, is 'n sissende worsie! Die ikoniese braai-driemanskap - boerewors, pap en smoortjie - word gevier. Die vleismeul draai en die pappot geroer, alles onder 'n kenner se oog.Gat In Die Grond
Episode 4 - 49 MinsDie braaiwerf word ingewy met 'n gat in die grond, antieke braaimetodes en kos in klei. 'n Kultuurkenner van askoek en patat onder die kole daag die braaiers uit om hul intuïsie in te span.Biefstuk-Bielies!
Episode 5 - 48 Mins'n Bielie van 'n biefstuk sorg vir 'n kragvertoning van vlammende flambadou, indrukwekkende snitte en die nostalgie van die steakhouse. Verrassings word afgewissel met skokaankondigings.Wêreldbekerbraai
Episode 6 - 49 MinsDie vuur word gestook vir die Rugbywêreldbeker onder kapteinskap van 'n rugbylegende. Spanne trek braaisakke met rugbylande se nasionale smake. Wie gaan bees-oesters en harte moet braai?Hoender Kraai Koning
Episode 7 - 48 MinsHoender, die stiefkind van die braai, kraai weer koning. In hul stryd vir die Goue Haan-titel skarrel spanne teen die klok om te beïndruk met hul eie speserymengsels en bobaas hoenderpote.Alles Op 'N Stokkie!
Episode 8 - 47 MinsVan sosaties tot shwarma en saté, stokkieskos sis reg om die wêreld oor die kole. 'n Straatkos-ghoeroe daag die spanne uit om nuut te dink - kinderspeletjies tot die kos op die kole beland.Ikoniese Visbraai
Episode 9 - 49 MinsDinge raak onstuimig op die mees suidelike punt van Afrika, wanneer die spanne teen die agtergrond van 'n skeepswrak 'n visbraai aanpak. Kinkels sorg vir nog onderstrominge.Boepens In Die Ketel
Episode 10 - 48 Mins'n Kokkedoor-bekende kom vier die ketelbraai, held van die agterplaasbraai. Spanne pas boepens-vark op onder 'n koepel en gee varktjops sy mojo terug met 'n geurreis van Ooste tot Weste.Sintuigbraai
Episode 11 - 48 MinsMet Mnr Groen in die omtrek moet braaiers op rook, hul sintuie en malvapoeding staatmaak eerder as vleisvaardighede. Die epiese vuurstryd bepaal immers wie gaan deurdring na die semi-finaal.Sondag Se Staanrib
Episode 12 - 49 MinsStaanrib kry 'n ereplek in die vuurherd, 'n simbool van gasvryheid. Die semi-finaliste vertolk die tradisionele Sondagmaal met 'n nostalgiese familiebraai en daarby iets soets vir die pad.Die Finaal
Episode 13 - 49 MinsDie finaliste se reis kom volsirkel met vuurwerke by die kaai. Ongewone braaitoerusting, imposante vleissnitte, 'n vlammende poeding en Die Goue Haan op die spel laat vonke vir oulaas spat.
Recommended
FAQs
How can i watch Kokkedoor: Vuur En Vlam
Download the Showmax app and start streaming full episodes of Kokkedoor: Vuur En Vlam. View the full list of supported devices.
Where can I watch Kokkedoor: Vuur En Vlam?
You can watch Kokkedoor: Vuur En Vlam on Showmax. Just sign up for Showmax and stream every episode.
How many seasons of Kokkedoor: Vuur En Vlam are there?
Showmax currently has 1 season of Kokkedoor: Vuur En Vlam available for streaming.

Bundle it: Entertainment + Premier League
Get the best of both. Watch hit series, movies, African Originals and more plus stream Premier League matches live on mobile.
ONLY
$8